Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 4

••••
2
DIE WOORD BEGIN IS ’ N BAIE KORT WOORDJIE , MAAR IS BAIE EFFEKTIEF MET ’ N WYE VERSKEIDEN­ HEID BETEKENISSE . DIE LANDBOUSEKTOR IS OP DIE PUNT WAAR ONS MOET BEGIN OM VIR DIE VOLGENDE SEISOEN VOOR TE BEREI .

Ons sektor het onlangs groot erkenning gekry aangesien dit die ekonomie aan die gang gehou het in moeilike tye en dit is beslis tyd dat ons as belangrike rolspeler erken word .

Plato het die volgende gesê , “ Die begin is die belangrikste deel van die werk .” Ek dink dit is waar ons dinge reg doen . Begin word opgesom as die eerste , of inderdaad die vroegste gedeelte van ’ n aksie . As ons die woord verder ontleed , kan dit beskryf word as die tyd waar iets tot stand kom of uit iets voortspruit .
Die woord kom van die Middel- Engelse term beginnen wat beteken “ om te begin ”. Die ware betekenis is egter meer gedefinieerd wanneer ons kyk na die Walliese term “ genni ”, wat min of meer beteken om jou te verdiep in iets . Om jou tande in ’ n projek in te slaan , kan ’ n mens maar sê . Die Latynse vertaling is prehendō , wat beteken om werklik

Om te begin

OKT / NOV 2017 • SENWES Scenario
begrip vir iets te ontwikkel .
In die landbousektor begin ons om op die volgende gedeelte van die seisoen te fokus . Landbou-ekonoom Gerrit Oosthuizen praat oor die tyd om te plant . Senwes het ook leiding geneem as hoofborg van die 2017 Bultfontein Boertjiefees , wat die pad gebaan het vir die fees nadat organiseerders dit in 2016 moes kanselleer weens die ernstige droogte wat toe geheers het .
Ons verwelkom ook vir Landboudienste , met ’ n artikel deur Johan du Toit . Die areafokus lei ons na die Schweizer-Reneke distrik , waar Senwes hom verdiep in sy fokus op dié gebied . Ons navorsing met betrekking tot die Senwes Scenario het heelwat interessant hede opgelewer , wat ons in die toekoms in die tydskrif sal inkorporeer . Die 2017 / 2018 krieketseisoen het ook begin en ons loods ’ n kompetisie vir die T20- wedstryd tussen die Proteas en die besoekende Bangladesh-span , wat op 29 Oktober plaasvind . Jy staan ’ n kans om ’ n heerlike ondervinding vir 6 by Senwes Park in Potchefstroom te wen .
Ek laat jou met die woorde van Friedensreich Hundertwasser : “ As ons alleen droom , is dit net ’ n droom - maar as ons saam droom , is dit die begin van ’ n nuwe realiteit .” ’ n Begin waarna ons almal kan uitsien !
Aubrey Kruger
REDAKTEUR hoofredakteur Marlon Abrahams Tel : 018 464 7349 marlon . abrahams @ senwes . co . za
redakteur Aubrey Kruger Tel : 018 464 7449 aubrey . kruger @ senwes . co . za
advertensies Mariëtte Hugo Tel : 018 464 7505 mariette . hugo @ senwes . co . za
ontwerp en uitleg Mercia Venter mercia . venter @ senwes . co . za
medewerkers Marlon Abrahams , ds Carel Botma , Ds Willie Botha , Lucas Coetsee , Carl Kirstein , Johan du Toit , Carl Fourie , Japie Fransman , Stephan Geldenhuys , Thys Grobbelaar , Jenny Matthews , Susari Geldenhuys , Senwes Grainlink , Gerrit Oosthuizen , Jan Serfontein , Johan van den Berg , Petrus van Staden en Milanie Vosloo .
subskripsie Marie Erasmus Tel : 018 464 7568 Faks : 018 464 7772 marie . erasmus @ senwes . co . za
eienaar Senwes , Posbus 31 , Klerksdorp , 2570 Tel : 018 464 7800
drukwerk Typo Tel : 011 402 3468
• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 ( 7 ) van die Wet op Outeursreg .
• Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies , promosie-artikels of deur medewerkers nie .