Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 36

••••
HANDELSNUUS PROMOSIE-ARTIKEL

Finansiële beplanning vir bejaardes

DEEL II
LUCAS COETSEE LIBERTY REGSPESIALIS
WAT IS DAN DIE OPLOSSINGS ?

Daar is basies twee opsies

- jy kan aansoek doen by die Hooggeregshof ( net die Hooggeregshof het jurisdiksie oor sulke sake ) om jou ouer / s onder kuratorskap te plaas . Dit is ’ n komplekse en duur proses , wat mediese getuienis vereis asook die dienste van nie net ’ n prokureur nie , maar ook ’ n advokaat omrede dit ’ n hooggeregshof-saak is .
Die ander opsie is om aansoek te doen vir ’ n administrasiebevel ingevolge artikel 60 van die Wet op Geestesgesondheid . Dit sal die goedkoper roete wees , maar die administreerder se magte is meer beperk as dié van ’ n kurator en dit is dan nodig om deurlopend aan die Meester te rapporteer . Dit kan dus baie tydrowend wees .
’ n Moontlike alternatiewe oplossing is om te verseker dat bates in trust gehou word , voordat die ouers sulke ingryping be nodig . Die trustees sal dan finansiële besluite kan neem ( sonder die hofbevel ) tot voordeel van die ouers . Die probleem is dat jy nie weet of dit wel nodig sal wees nie en die koste en belastings daaraan verbonde mag dalk onnodig wees . In ’ n situasie waar al die broers en susters emigreer en die ouers agtergelaat word , kan dit die moei te werd wees om hierdie opsie te oorweeg , maar regsadvies moet eers verkry word .
HOE VOORKOM JY DAT JOU OUERS UITGEBUIT WORD ? Die eerste stap is duidelik dat voorkoming beter is as genesing ! Probeer om te verseker dat finansiële sake gereeld met jou ouers bespreek word , sodat die eerste punt van kontak die kinders is . Ondersoek ook al die finansiële adviseurs wat hulle sake hanteer . Namate mense ouer word , kan hulle ook meer geheimsinnig raak . Dit moet dus vroegtydig al gebeur om te verseker dat dit gewoonte is voordat dit te laat is ( anders kan die ouers jou eie motiewe begin bevraagteken ).
Moenie al die magte aan een broer of suster gee nie . Selfs waar een broer of suster die werk doen , moet die ander op datum gehou word met watter besluite geneem word en hoekom . Dit voorkom enige be drieglike aktiwiteite en maak ook voorsie ning vir kontinuïteit . Sou daardie broer of suster nie meer daardie funksie kan vervul nie , moet die oorgang na die volgende foutlees wees .
As jou ouers se geestesvermoë ontbreek of uiters swak is , probeer om hulle so gou as moontlik in ’ n geskikte fasiliteit te kry ( en dit vereis GELD - so wees seker wanneer daar met hulle finansies gehelp word , dit in berekening gebring word ). Besluit ook , na die nodige regsadvies , tussen die kurator- of administrasieroete . By die hantering van die kind se eie finansiële beplanning moet onthou word dat volgens ons gemenereg , daar ’ n wedersydse plig is tussen ouer en kind vir ondersteuning . Daar moet dus seker gemaak word dat ouers se finansiële afhanklikheid in ag geneem word wanneer die kind se eie finansiële beplanning gedoen word .
Die waarheid is egter dat ons almal baie besig is met ons eie lewens en dat ons maklik ons ouers kan verwaarloos . Ongelukkig skep dit ’ n omgewing waar die ouers selfs deur familielede misbruik kan word . Selfs as die kinders nie meer in dieselfde land as die ouers is nie , kan gereelde kontak baie probleme voorkom . As jy werklik glo iemand is daadwerklik besig om onwettig met jou ouers se finansies op te tree , lê ’ n kriminele klag teen hulle .
34
OKT / NOV 2017 • SENWES Scenario