Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 25

••• • • N UUS • • SENWES PRODUSENTE deel in die voordele van DIT IS NOU PRESIES ‘N JAAR SEDERT SENWES DIE AGRIREWARDS UIT­ GESTELDE BONUSSKEMA OP VERSKEIE PLATFORMS, ASOOK IN DIE SENWES SCENARIO TYDSKRIF GELOODS HET. AUBREY KRUGER M et die 2016/2017 sei­ soen op sy rug, het talle Senwes produsente wat graan oor die afgelope jaar gelewer het, al vir die uitgestelde bonusskema geregistreer. Die aantal produsente groei steeds en AgriRewards is werklik ‘n treffer onder graanpro- dusente sedert Pierre van Eeden, van die plaas Heuninglaagte in die Edenville distrik, die heel eerste produsent geword het om aan te sluit. Daar is reeds oor hom berig in die Desember 2016/Januarie- uitgawe van 2017 Senwes Scenario. R52 MILJOEN WORD TOEGEKEN Senwes kan ook nou met trots aankondig dat die direksie ’n bedrag van R54/ton aan elke geregistreerde graanprodusent toegeken het vir alle graanlewe­ rings by Senwes silo’s. Dit beteken dat Senwes ’n bedrag van R52 miljoen vir die 30 April 2017 finansiële jaar toegeken het. Hierdie Senwes AgriRewards uitgestelde bonusskema bied aan alle klante van Senwes Grainlink die geleentheid om goeie uitgestel- de bonusse te verdien en om die voordeel daarvan te kan benut. Goeie nuus is dat die bonus ook jaarliks sal akkumuleer tot die mate waartoe die klant besigheid met Senwes doen. Dié vrywillige skema kan vir deelnemende klante wat hulle graan by Senwes se silo’s lewer, ’n addisionele bedrag per ton in die sak bring vir alle grane en oliesade wat gelewer word. Die basis van die AgriRewards voordele en deelname deur ander besigheidseenhede in die toekoms sal jaarliks deur die direksie bepaal en afgekondig word. Klante sal ook die opgelope bonusvoordele kan aanwend as sekuriteit vir addisionele kredietfasiliteite by Senwes Credit en sal sodoende hul beleggings optimaliseer. SELFS MEER KLANTE VIND BAAT IN 2018 Besighede wat vir die 2018 finansiële jaar kwalifiseer, sluit in graanverkope aan Senwes, graanlewerings aan Senwes silo’s, aankope van nuwe heelwerktuie, onderdele en die gebruik van werkswinkels by Senwes, asook rentedraende transaksies by Senwes Credit. Enigeen wat met hierdie bedrywe besigheid doen, kwalifiseer vir deelname. A gri rewards OPBRENGS OP LOJALITEIT MAKLIKE REGISTRASIE Die gebruiksvriendelike uitgestel- de bonusskema bied ’n maklike registrasieproses, asook toegang vir klante op elektroniese plat- forms, wat onderhewig is aan die aanvaarding van die terme en voorwaardes. Indien daar ander klante is wat vir AgriRewards in aanmerking wil kom, kan hulle die maklike registrasieproses volg. Om te regi­streer, besoek net die volgende skakel: www.agri- rewards.co.za, waar nog meer besonderhede beskikbaar is. ’n Ander maklike opsie vir registrasie is om AgriRewards en jou ID-nommer te sms na 31022. Alternatiewelik kan jy jou naaste graanverkryger of sleutelrekening­ bestuurder kontak. Registrasie vir die bonus vir die April 2018 finansiële jaar sluit op 31 Maart 2018. Senwes beloon sy lojale klan- te op dié manier. Word deel van hierdie uitgestelde bonus­ skema, word deel van Senwes AgriRewards! *Deelname is nie outomaties nie en klante moet spesifiek vir die skema registreer. Indien u vir die 2017 finansiële jaar geregi­streer het, sal u outomaties vir die 2018-toekenning kwa­lifiseer, tensy u spesifiek deregistreer. SENWES Scenario • OKT/NOV 2017 23