Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 24

•••• HA N D E LSN U U S LANDBOUBESIGHEIDSBESTUURDER: SCHWEIZER-RENEKE Marietjie Grobler Van die weste, vir die geweste DIE NUWE LANDBOU­ BESIGHEIDSBESTUURDER IN DIE NOORDWES DOR­ PIE VAN SCHWEIZER- RENEKE IS MARIETJIE GROBLER. MARIETJIE IS DAAROP UIT OM DIE GEBIED IN ‘N HINTERLAND GEBIED TE OMSKEP. AUBREY KRUGER M 22 arietjie is in Delareyville gebore en het groot- geword op haar ouerplaas Springbok, wat tussen Schweizer- Reneke en haar geboortedorp geleë is. Sy het ook laerskole in die omliggende Migdol en Delareyville bygewoon en in 1982 by Hoërskool Schweizer-Reneke gematrikuleer. Haar 19 jaar in die landbou­ bedryf en die feit dat sy van die area is, is van kardinale belang en kan sy groot waarde toevoeg. “My sterkste punt is juis dat ek baie mense in die gebied ken,” sê Marietjie. Dan het sy ook saam met baie van die produsente hier Planter Monitor • Seed per 100m per row, seed population • Hectares worked and much more • Easy to install and maintain • Fertiliser and turning of axles • Can be applied to most planters • Real tough, rust and water resistant skoolgegaan. En omdat sy uit die landboubedryf kom, is sy vinnig besig om landboubesigheids- netwerke te vestig. Haar hooftake behels om insette soos saad, kunsmis, diesel en gifstowwe aan die produsente te verskaf. Dan ook om produk­ siefasiliteite in plek te kry. Vir haar is ’n goeie verhouding met produsente en uitstekende diens absoluut kritiek. ’n Ander aspek wat vir haar ononderhandelbaar is, is integriteit. En dit is presies wat klante van haar kan verwag. Sy is in vir die lang duur. Sy was vir 15 jaar by Senwes werk- saam - so sy ken die landboube­ dryf. Sy het ook op 2 Julie vanjaar 29 jaar van getroude lewe met haar man Johan gevier. In 2018 is dit hul 30ste, oftewel pêrel-huwe- liksherdenking. Johan is self in die landboubedryf en is die hoof van groep korporatiewe bemarking en kommunikasie by Senwes. Hulle het twee kinders, Janelle (28) en Marnus (26). Janelle is met ’n produsent van die Wes-Kaap en rugbyspeler, BG Uys, getroud. 1 Junie is nog ’n belangrike dag in haar lewe. Dit is die dag waarop sy gebore is, asook die dag waarop sy by Senwes begin werk het, en op 1 Augustus het sy ’n nuwe tydvak binnegegaan toe sy as landbou-besigheidsbestuurder by Hinterland begin het. Spanwerk is hier van die uiter­ste belang. Sy steun baie op takbestuurder Waldo Venter, sleutelrekeningbestuurder Johann Olivier en bestuurder insetverskaf- fing Kevin Smit. Sy glo dat “jy nie vir iemand werk nie, jy werk saam met hulle.” So kan produsente verseker weet dat Marietjie altyd saam met hulle aan die toekoms sal skaaf. Cut losses with PRECISION Plant with VISION Process Monitor for Air Seeders Proudly Made in South Africa 22 Tel: 012 345 3193 Fax: 012 345 6763 Web: www.electrolee.co.za OKT/NOV 2017 • SENWES Scenario Email: [email protected] Sales: [email protected] • Area • Speed • Tacho up to 4 axles • Alarm on each function • Easy to install • Bin / Tank full • Bin / Tank empty