Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 12

•••• KO L LI G JOHAN VAN WYK Almal se Boeta Boeta is ‘n trotse derdegenerasie produsent. IN LANDBOUKRINGE HET MENS WARE VRIENDE NODIG. EN HIER KRY JY PRE­ SIES DIT IN EEN PAKKIE BY SENWES PRODUSENT JOHAN VAN WYK, OF BOETA SOOS HY HIER BEKEND STAAN. AUBREY KRUGER B oeta boer die afgelope 13 jaar in die omgewing op sy plaas Klipfontein, sowat 45 km vanaf Schweizer-Reneke in Bloemhof se rigting. KLIPFONTEIN Die einste Klipfontein is hier naby die plaashuis geleë. Dit is so genoem omdat daar talle klippe en delwerye in die omgewing is, terwyl die fontein verwys na dié fontein en panne in die area. Die 34-jarige Boeta is in Bloemhof gebore, het op hierdie plaas grootgeword en beide sy laer- en hoër- skoolloopbaan in Schweizer voltooi, waar hy in 2001 gematrikuleer het. Die suksesverhaal hier is dat almal een groot familie is wat baie goed saamwerk. FAMILIEVRIEND Eerstens is Boeta ’n familiemens. Hy is die afgelope ses jaar met Trudie getroud en het twee kinders, Dihani (5) en Johan (1). Trudie is sy steunpilaar en kom self uit ’n boerefamilie en doen ook as geregistreerde boekhouer al die plaas se boeke. Dan het die kinders ook boerdery in hul bloed, met Dihani wat klaar sê “Onthou ek is ’n boeremeisie” en klein Johan wat net trekkergeluide maak soos hy broom-broom op die plaas rondstap. DERDEGENERASIEPRODUSENT EN VIERDEGENERASIE-JOHAN Hy is ’n trotse derdegenerasieprodusent, met sy oupa en pa wat ook hier geboer het. Die naam Johannes Jacobus strek al oor vyf generasies, vanaf oupagrootjie en nou selfs sy jongste spruit wat die name dra. JOHAN SENIOR SY ROLMODEL Sy pa Johan is verseker die persoon na wie hy opkyk: “Ek het alles by hom geleer”. Pa Johan het hom geleer 10 OKT/NOV 2017 • SENWES Scenario