Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 10

•••• AREA F OK U S Schweizer-Reneke > VERVOLG VAN BLADSY 7 BEKENDES VAN SCHWEIZER Bekendes van die gebied sluit in oud-Springbok rugbyspelers Wynand Claassens (kaptein) en Jannes Labuschagne en met nadere ondersoek het ons gesien dat selfs Lappies Labuschagne se Vrystaat rugbytrui by Laerskool Schweizer-Reneke hang. Dan is politici soos Ahmed Kathrada en Essop Pahad se voetspore ook in die gebied. Op kunsgebied het die bekroonde skilder Irma Stern ook van die water van die gebied gedrink, asook die befaamde skrywer, Elisabeth Eybers. Inwoners vertel verder dat Stern se oom een van die eerste winkels in die gebied gehad het en dat Eybers se pa ook lank die predikant by die NG kerk was. ’n Bietjie meer onlangs is Johan Champion deur die LUR vir onderwys, Tate Makgoe, as die top Vrystaat matrikulant van 2016 gekroon en hy het ook hier grootgeword. Nie te sleg vir ’n dorpie met net oor die 30 000 inwoners nie. Dan is daar ook steeds mense met vanne soos Einkamerer en Mussman in die dorp, wie se voorsate baie promi- nente rolle hier gespeel het. GEBOUE EN BEELDE Die NG Kerk is van sandsteen gebou en is regtig een van die mooiste geboue in die dorp – dit staan as die moedergemeente bekend. Ander gemeentes is Die Senwes Equipment tak in Buitenstraat en die naald ter ere van die gesneuweldes is van die ander kenmerkende landmerke in die dorp. die Noord-gemeente asook die gemeentes in Amalia, Migdol en Glaudina. Boeredorpies is baie geloofsgerig en dié een is geen uitsondering nie, met talle ander mooi kerke soos die Anglikaanse kerkie en die torings van die Hervormde Kerk, NG-Noord en talle meer wat die lugruim ingaan. Die stadsaal wat in 1921 gebou is, en die naald ter ere van die gesneuweldes van die Massouw oorlog in 1885, asook die klein piramiede wat die Rapportryers se tog na die opening van die Voortrekker Monument in 1949 gedenk, word in die middedorp gevind. Tydens die dorp se eeufees was daar ook Switsers wat dit bygewoon het, en daar was ’n ken- merkende rigtingaanwyser voor die stadsaal, wat presies aandui waar en hoe ver (8 406 km) die stad Bern vanaf Schweizer geleë is. ANDER INTERESSANTHEDE Ander interessanthede is dat die hoeksteen van die laerskoolgebou op 1 April 1908 deur eerwaarde Die Graaf van Selborne gelê is. Daar is ook ’n massiewe stokou   doringboom skuins oorkant die ouetehuis, Silwer Jare, waar tereg- stellings jare gelede uitgevoer is. Met landbou as een van die hoofare hier, is die lokomotief in die dorp juis tekenend van die rol wat spoorvervoer gespeel het in die ontwikkeling van die dorp. Vandag is daar ook ’n paar bekende versamelaars van landbou-implemente in die dis- trik, soos Lodewyk Fourie, wat ou trekkers en motors versamel en restoureer en Pietsap van Rensburg wat weer John Deere skaal­modelle versamel en restou- reer. (Kyk uit vir die volgende uitgawe waar ons by Pietsap gaan kuier het.) En so terloops, as jy mooi mure en be­­ddings gewaar wat die dorp verfraai, is dit tien teen een die werk van Hettie van Zyl en Marietjie Fouche. So is alles binne die grense van Schweizer-Reneke vervat. Of soos Elisabeth Eybers dit die beste in die skoollied van Laerskool Schweizer-Reneke beskryf: “Waar die blougroen doringbome groei langs die Hartsrivier se some... swewend langs beskantse hange teen Masou se heuwelburg...”  Werkswinkelpersoneel met Jaco Vosloo (werkende voorman), Johannes Marumo (algemene werker), Christal de Lange (werkkaartklerk), Basie Headman (algemene werker) en Waldo Venter (takbestuurder).  Die stoorpersoneel is algemene werkers Afrika Modise, Stoffel Koloane, Koos Jacobs en Samuel Mooketsi. 8 OKT/NOV 2017 • SENWES Scenario