Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 6

••••
HOOFARTIKEL

AANDAG ALLE GRAANKLANTE !

Senwes beloon sy lojale klante !

SENWES STEL BEKEND DIE SENWES AGRIREWARDS UITGESTELDE BONUSSKEMA WAT AAN ALLE
KLANTE VAN SENWES GRAINLINK DIE
GELEENTHEID SAL BIED OM GOEIE UITGESTELDE BONUSSE TE VERDIEN EN DIE VOORDEEL

A gri rewards

OPBRENGS OP LOJALITEIT
DAARVAN TE BENUT . SENWES BELOON SY LOJALE KLANTE OP
DIÉ MANIER .
4
AUBREY KRUGER

Dié vrywillige skema kan vir deelnemende klante wat hulle graan vir die eerste maal by Senwes se silo ’ s lewer , ’ n addisionele bedrag per ton in die sak bring vir alle grane en oliesade wat in die 2016 / 2017 oesseisoen gelewer word .

Die bonus sal finaal op 30 April 2017 bereken word en sal jaarliks akkumuleer ooreenkomstig die mate waartoe die klant besigheid met Senwes doen . Indien die skema op die vorige jaar toegepas sou word , sou klante soveel as R54 / ton verdien het op eerste graanlewerings .
“ Senwes fokus veral op sy klantebasis in hierdie moeilike tye en die uitdaging was altyd daar om ’ n balans te kry tussen alle belang-
OKT / NOV 2016 • SENWES Scenario
hebbendes , maar veral tussen klant en aandeelhouer . Die fokus van die program is om ’ n noemenswaardige belegging terug na die klantebasis te maak en sodanig ’ n stewige ‘ fonds ’ op te bou , gebaseer op die hoeveelheid besigheid wat met Senwes gedoen word . “ Volhoubare klante sal volhoubare aandeelhouerswaarde skep ,” het Danie Minnaar , Senwes Voorsitter opgemerk .
“ Alhoewel ons die AgriRewards vir die 2016 / 2017 seisoen net beskikbaar stel vir alle graanklante , beoog Senwes om dit mettertyd tot voordeel van alle ander klante in ander besigheidseenhede van die Senwes groep te kan aanbied ,” het Francois Strydom , Hoof Uitvoerende Beampte van Senwes bygevoeg .
Die gebruikersvriendelike uitgestelde bonusskema sal op elektroniese platforms maklike registrasie en toegang vir klante bied , onderhewig aan die aanvaarding van die terme en voorwaardes daarvan . Die basis van die AgriRewards voordele en deelname deur ander besigheidseenhede in die toekoms sal jaarliks deur die direksie bepaal en afgekondig word . Klante sal ook die opgelope bonusvoordele kan aanwend as sekuriteit vir addisionele kredietfasiliteite by Senwes Credit en sal sodoende hul beleggings optimaliseer .
Al wat klante wat wil deelneem hoef te doen om vir die AgriRewards in aanmerking te kom , is om die maklike registrasieproses te volg . Om te registreer , besoek net die volgende skakel : www . agrirewards . co . za . Meer besonderhede sal ook hier beskikbaar wees .