Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 53

••• •• KO L SK O O T •• Kaliberkeuse vir langafstandskiet JAN-LODEWYK SERFONTEIN KALIBERKEUSE IS ‘N ONDERWERP WAT TELKEMALE HERKOU EN BESPREEK WORD OM DIE BRAAIVLEISVUUR EN TEEN DIE EINDE VAN ‘N JAGNAWEEK IS DAAR STEEDS NIE ‘N FINALE ANTWOORD NIE. D ie eerste vraag wat gevra word sodra kaliberkeuse bespreek word, is waarvoor die wapen aangewend gaan word. Vir selfverdediging sal ’n swaar, groot en ongemaklike .45 Auto nie die beste keuse wees nie. Vir die jag van gevaarlike wild sal ’n swaar, groot .375 H&H nie ’n slegte keuse wees nie. Hoe belangrik is die keuse wat jy maak vir ’n spesifieke kaliber? Is nuwe, onbekende kalibers beter as die ouer, meer bekende kalibers? Is kaliberkeuse wel so belangrik soos wat ons dit afmaak, of word dit deur die vervaardigers gebruik om nog meer kalibers in die mark te kry om meer verkope te doen? Aangesien die jagseisoen van 2016 iets van die verlede is, het ek gaan kyk na die voordele van ’n paar onbekende kalibers wat meeren­ deels vir baanskiet aangewend word. Met die duur pryse van wild en ’n paar ander faktore het baanskiet oor die laaste paar jaar meer gewild geraak en is kalibers vir dié doeleinde iets wat ons na kan kyk. Een afdeling van baanskiet wat deesdae baie aftrek kry, is lang­ afstandskiet. Langafstandskuts is skuts wat elke aspek van skiet analiseer en bestudeer. Die wind, die koeël se BC en die looplengte is ’n paar aspekte wat goed ontleed word deur skuts. Natuurlik is die beste kaliber vir langafstandskiet ook iets wat hulle deeglik na kyk. Hoe bepaal jy dan die beste lang­ afstandkaliber? Ongelukkig is langafstandskiet ’n sport wat baie veranderlikes het. Die wind en die skut self is twee groot verander­ likes as dit by langafstandskiet kom. Daarom moet ons staatmaak op tegnologie om vir ons ’n beter antwoord uit te werk as wat ons self op die skietbaan kan sien. Met behulp van ’n rekenaarprogram het die skrywers van www. precisionrifleblog.com 4 kalibers gaan ‘toets’ om daarvolgens ’n besluit te maak met betrekking tot kaliberkeuse. Hulle het die volgende kalibers gebruik met die volgende ladings: 6.5 Creedmore gelaai met ’n 140 gr. koeël en ’n trompsnelheid van 2850 fps. 6mm Creedmore gelaai met ’n 105 gr. koeël en ’n trompsnelheid van 3100 fps. 308 Winchester gelaai met ’n 175 gr. koeël en ’n trompsnelheid van 2600 fps. 26 Nosler (6.5 mm) gelaai met ’n 140 gr. koeël en ’n tromp­ snelheid van 3300 fps. Die applikasie het met die veran­ derlikes en baie ander inligting uitgewerk hoeveel skote ’n 10-duim teiken op 700 treë sal raak skiet. Daar is wel in ag geneem dat alle ander veranderlikes dieselfde bly en dat daar geen menslike faktor betrokke is nie. Die uitslae van die 4 kalibers was as volg: 80% van die 6.5 Creedmore se skote sal raak wees. 79% van die 6 mm Creed­ more se skote sal raak wees. 56% van die 308 Winchester se skote sal raak wees. 89% van die 26 Nosler (6.5 mm) se skote sal raak wees. Ons hoef nie die spesifieke kaliber te gebruik wat in die toetse ge­­ bruik is nie, maar slegs ’n kaliber wat die projektiel van dieselfde gewig en deursnit teen dieselfde spoed lanseer en ons behoort dieseflde resultate te kry. Wat ons wel uit die resultate sien is dat die 6.5 mm koeël huidig meer akkuraat is oor langer afstande as die 308 se koeël. Op korter afstande behoort die verskil in akkuraatheid kleiner te wees. Daarom is die doel waarvoor die wapen aangewend word nog steeds die belang­ rikste oorweging by kaliberkeuse. Die 140 gr. koeël van die 26 Nosler (6.5 mm) teen 3300 fps is wel die wenner vir die spesifieke oefening, maar ongelukkig hou sy loop nie lank nie. Looplewe is iets wat ons op ’n ander naweek om ’n ander vuur oor sal gesels. SENWES Scenario • OKT/NOV 2016 51