Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 50

•••• D RUPP E LS OP DI E DA K Wat gaan die uitkoms van die nuwe seisoen wees > VERVOLG VAN BLADSY 47 er seetemperature in die NINO34 gebied. Dit is gewoonlik nie goeie nuus vir die somerseisoen se reënvalverwagting in Suid-Afrika. Tans is die indeks redelik konstant na aan zero, wat ons op sigself nie so bekommerd maak. Wat egter nog belangriker is, is wat met die seetemperatuur in die NINO3-4 gebied in die Stille Oseaan gebeur. Sou die gebied se gemiddelde seetemperatuur warmer as normaal wees, beteken dit dat dit ’n sekere invloed op die sirkulasiepatrone van vog in die wêreld het, wat gewoonlik negatief op die verwagte reënval oor Suidelike Afrika inwerk. Wat ons tot groot optimisme stem is dat die seetemperatuur in die NINO 3-4 gebied besig is om af te koel. Ons kom uit ’n periode waar die seetemperatuur in die betrokke gebied die hoogste in etlike jare was en ons het ’n sterk El Niño-episode ondervind met baie swak opbrengste in die weste­ like gedeelte van die somerreënvalgebied. Die afwyking van die seetemperatuur in die NINO 3-4 gebied word in die volgende twee kaarte aangedui. Hier word verlede sei­soen se Augustus 2015 seetemperatuurafwyking aange­ dui en ook die Augustus 2016 seetemperatuur­afwyking. Dit is duidelik dat die seetemperatuur in die NINO 3-4 gebied vanjaar baie Seetemperature-afwyking van gemiddeld Augustus 2015 C M Y CM MY kouer is as die vorige seisoen. Die kanse dat ’n volwaardige La Niñatipe seisoen vanjaar kan ontwikkel is groot. Soos ons al ondervind het, het La Niña-tipe seisoene gemiddeld beter gewasopbrengste gele­wer as El Niño-tipe seisoene. Wat ons bekommerd maak is dat meeste weervoorspellingsdienste aandui dat die reënseisoen laat gaan begin, eers teen November. Ons dink aan die uiters swak toestand van ons natuurlike en aangeplante wei­dings en uiters lae stand van ons vernaamste opgaardamme. Seetemperature-afwyking van gemiddeld Augustus 2016 Less than 2 below 2 to 1.5 below 1.5 to 1 below 1 to 0.5 below 0.5 to 0 below 0 to 0.5 above 0.5 to 1 above 1 to 1.5 above 1.5 to 2 above Greater than 2 above 48 OKT/NOV 2016 • SENWES Scenario Die bostaande kaarte is dié van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, wat die verwagte voorkoms van reën vir die komende seisoen aandui. Die verwagte tendens ten opsigte van later as normale lentereën word deur verskeie weervoorspellingsdienste gedeel. Ons hoop egter dat die somerreën vroeër kom. OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING Daar is heelwat rede vir optimisme oor die komende seisoen. Ons begin in die meeste gevalle met beter ondergrondvogtoestande en dit lyk of ons uit die greep van die pas afgelope El Niño-episode is. Wat ons bekommerd maak, is dat die reënseisoen redelik laat kan begin. Ons bid, hoop en vertrou vir uitkoms na die uiters droë toestande wat meeste produsente die afgelope paar jaar ondervind het. CY CMY K