Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 44

•••• HA N D E LSN U U S El Niño of La Niña Bestuur stikstof (N) in die grond om maksimum mielieopbrengs, maksimum wins en minimum risiko te verseker DR ERIK ADRIAANSE BESTUURDER: PRODUKONTWIKKELING EN TEGNIESE ONDERSTEUNING D ie hoeveelheid ontleedbare anorganiese N wat deurlopend gedurende die groeiperiode in die grond moet wees vir maksimale opbrengs verskil nie van El Niño (droog) na La Niña (nat) of gemiddelde reënvalseisoene nie, hoewel die werklike opbrengs, winsgewendheid, en risiko van mielieproduksie in ’n baie groot mate tussen die omstandighede kan verskil. Die hoeveelheid N wat deur die gewas opgeneem en benut word verskil egter ook in ’n baie groot mate tussen droë en nat seisoene. Daarom kan verwag word dat meer stikstof tydens ’n nat seisoen toegedien sal word ten einde die hoeveelheid stikstof in die grond deurlopend op ’n bepaalde drempel te handhaaf. Na afloop van ’n droë seisoen 42 kan verwag word dat daar meer N in die grond oor sal wees wat vir die volgende seisoen effektief benut kan word. Deur ’n bepaal­ de N-drempel gedurende elke seisoen te handhaaf sal daar dus in effek oor seisoene volgens verkreë opbrengs en dus stikstofverwyde­ ring uit die grond bemes word. Verliese en toksiese effekte van N word egter baie sterk deur ’n tekort of oormaat reën beïnvloed. Afgesien van grondmetings van N kan die keuse van N-bron en bestuurspraktyke ’n belangrike rol speel om hierdie nadelige effekte te bekamp. Die El Niño verskynsel gaan ook gepaard met hoë temperature wat vervlugtigingsverliese van ammoniakvormende N-bronne soos ureum bevorder. Ammoniakverliese kan van oppervlaktoedienings sowel as grond-ingewerkte toedienings onstaan wanneer die bogrond uitdroog. Ammoniak naby plantwortels sal onder droë omstandighede toksies wees. Urease inhibeerders soos NBPT sal die vervlugtiging en toksisiteit van ureum verminder of vertraag maar nie uitskakel nie. KAN is selfs by hoë temperature baie min vervlugtigend en in ’n baie gekonsentreerde vorm slegs matig toksies. Hiervolgens behoort die bandplasing van ammoniak­ OKT/NOV 2016 • SENWES Scenario vormende N-bronne in hoë konsentrasies met planttyd, maar selfs ook voor planttyd, vermy te word. Die La Niña verskynsel gaan ook gepaard met hoë intensiteit van reën wat tot die loging van N in goed gedreineerde gronde of tot waterversadigde profiele in swak gedreineerde gronde aanleiding gee. Ureum-N en nitraat-N is ewe loogbaar, maar omdat nitraat-N baie vinniger opgeneem word as ureum-N, loog dit in effek min­ der. Ammonium-N loog baie min en is ook vinniger opneembaar as ureum-N. KAN sal dus ook minder loog as ureum. Voorplanttoedienings behoort eerder weens die risiko van loging vermy te word en meervoudige naplanttoedienings oorweeg te word. N word nie effektief opgeneem in gronde wat vir lang periodes met water versadig is nie. Suurstof is nodig vir N-opname en vir die nitrifikasieproses. Gevolglik sal hoë konsentrasies ammonium-N en nitriet-N ontstaan wat toksies is. Nitraat-N, opgelos in grondwater naby die grondoppervlakte word deur die denitrifikasieproses in atmosferiese N omgeskakel en verloor. Vertikale of laterale dreinering van gronde behoort die probleem te verbeter. Vir navrae en aankope van KAN 28 kontak gerus u naaste AFGRI Town&Country, Farm City en Senwes Village tak, han­dels­­merke van Hinterland. Vir produkinligting kontak u Sasol-verteenwoordiger. Let wel: Raadpleeg ’n gekwalifiseerde landboukundige vir lokali­teitspesifieke toepassings.