Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 41

••• •• R UB R IE K •• Tabel 1: Kandelaarformasies BRON: SAAMGESTEL DEUR OUTEUR. ’n Doji word gevorm wanneer die openingsprys en die sluitingsprys binne ’n verhandelingsessie feitlik dieselfde is, wat dus ’n gevoel van besluiteloosheid tussen kopers en verkopers aandui. Deur die Doji te analiseer saam met ander kandelaarformasies, kan ’n moontlike ommekeer van die huidige tendens aangedui word. Tabel1.iii. is ’n grafiese voorstelling van ’n Doji. Bullish Engulfing kandelaarformasie gevorm deur ’n negatiewe kandelaar wat gevolg word deur ’n positiewe kandelaar aan die einde van ’n afwaartse tendens, wat dan ook op ’n moontlike tendensommekeer dui. Beide die Bullish en Bearish Engulfing kandelaarformasies word grafies voorgestel in Tabel1.iv. en Tabel1.v. onderskeidelik. b) Bullish / Bearish Engulfing Die Engulfing-formasie word gevorm wanneer die tweede kandelaar in die formasie se hoogtepunt en laagtepunt die vorige kandelaar se hoogtepunt en laagtepunt oorskry. Indien ’n positiewe kandelaar gevolg word deur ’n negatiewe kandelaar aan die einde van ’n opwaartse tendens, kan ’n moontlike tendensommekeer verwag word. Die formasie word dan na verwys as ’n Bearish Engulfing kandelaarformasie. Daarteenoor word ’n c) Hammer / Inverted Hammer Die Hammer kandelaarformasie is sekerlik een van die bekendste formasies in die finansiële markte. Die formasie word gekenmerk deur pryse wat redelik laag verhandel gedurende die verhande­ lingsessie, maar die prys sluit naby aan die hoogtepunt. Indien die Hammer formasies vorm aan die einde van ’n afwaartse tendens, dui dit ’n moontlike tendensommekeer aan. Die Inverted Hammer vorm ook aan die einde van ’n afwaartse tendens, met die verskil dat pryse redelik hoog verhandel, maar naby aan die laagtepunt vir die verhandelingsessie sluit. Die formasie dui ook ’n moontlike tendensverandering aan. Let wel dat beide die Hammer en Inverted Hammer formasies ’n sterker tendensommekeer aandui indien die formasie ’n prysgaping1 maak. Beide die Hammer en Inverted Hammer word grafies geïllustreer in Tabel1.vi. en Tabel1.vii. onderskeidelik. d) Hanging Man Die Hanging Man formasie is soortgelyk aan die Hammer formasie, met die verskil dat die Hanging Man ’n moontlike tendensommekeer aandui in ’n opwaartse tendens. Die formasie vorm deur pryse wat aansienlik laer beweeg vanaf die openings­ prys, maar sluit na aan die hoogtepunt vir die dag. Daar word wel gewoonlik bevestiging verwag in die volgende verhandelingsessie met ’n negatiewe kandelaar wat volg. Die Hanging Man formasie word grafies voorgestel in Tabel1.viii. > VERVOLG OP BLADSY 41 ‘n Prysgaping kom voor waanneer die openingsprys wesenlik verskil van die vorige dag se sluitingsprys, en dus ‘n gaping tussen die twee verhandelingsessies vorm. 1 SENWES Scenario • OKT/NOV 2016 39