Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 40

•••• RUBR I E K Safex Scenario’s met Susari SUSARI GELDENHUYS PRYSE IN DIE AGRIMARK WAS DIE AFGELOPE SEISOEN BESONDERS VOLATIEL WEENS HOË ONSEKERHEID OOR WAT DIE TOEKOMS MAG INHOU VIR DIE SUID-AFRI­ KAAN­SE GRAANMARK. VOORRAADVLAKKE, INVOERE EN LEWERINGS IS SLEGS ’N PAAR VAN DIE FAKTORE WAT ONSEKERHEID (EN DUS PRYSVOLATILITEIT) IN DIE MARK VEROORSAAK HET. DIE KOMENDE SEISOEN, MET VERWYSING NA ONSEKER WEERVOORUITSIGTE, GAAN WAARSKYNLIK WEER VOLATIELE MARKBEWEGINGS TOT GEVOLG HÊ. H ierdie onsekerheid bemoeilik beleggings- en verskansingbesluite vir alle markdeelnemers. Daar bestaan egter twee algemene hulpmiddels in die vorm van fundamentele analise en tegniese analise wat sal bydra tot ’n hoër waarskynlikheid van sukses wanneer so ’n beleggings- of verskansingsbesluit oorweeg word. Fundamentele analise en die basis van tegniese analise is reeds in vorige artikels bespreek, waar die vorige artikel gefokus het op die ontleding van verskeie prysgrafieke. Die onderstaande artikel brei uit op die interpretasie van verskeie kandelaar-prysformasies. kan word. Twee breë kategorieë van kandelaar-prysformasies be­­ staan, naamlik ommekeer- (reversal) en voortsettings- (continuation) formasies. Die eersgenoemde dui op ’n moontlike verandering van rigting vanaf die huidige tendens, waar die laasgenoemde ’n moontlike voortsetting van die heersende tendens aandui. Binne die agrimark word die voorsettingsformasies nie oor die PRYSFORMASIES Soos in die vorige artikel bespreek, is ’n kandelaargrafiek een van die mees algemeen gebruikte grafieke, as gevolg van die gemak waarmee die grafiek ontleed 38 OKT/NOV 2016 • SENWES Scenario algemeen gebruik nie en word dus ook uitgelaat in die onderstaande bespreking. Die mees algemeen gebruikte ommekeerkandelaarformasies sluit in, maar is nie beperk nie tot: Doji, Bullish / Bearish Engulfing, Hammer / Inverted Hammer, Hanging Man, Star (Shooting, Morning, Evening), Dark Cloud Cover, Piercing Pattern en Inside Candle. As verwysing vir die opvolgende kandelaarformasies, word beide die positiewe en negatiewe kandelaar (bullish and bearish candlesticks) grafies voorgestel in Tabel1.i. en Tabel1. ii. onderskeidelik. a) Doji Die Doji word geag as een van die belangrikste individuele kandelaarformasies en vorm ’n fundamentele komponent van ’n wye reeks kandelaarformasies.