Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 37

••• •• R UB R IE K •• Slange in en om die plaashuis > VERVOLG VAN BLADS Y 33 voorkom en ook die giftigste is. Pofadders en rinkhalse kom ook hier voor, terwyl molslange weer baie volop is van Bothaville tot Bultfontein. IDENTIFISERING VAN GIFTIGE SLANGE Adders Adders is kort, vet en dik. Hulle beweeg nie baie nie en lê gewoonlik op een plek. Adders se gif is sitotoksies, wat beteken dit val die weefsel, spiere en vel aan. Dit veroorsaak ook nikrose met talle sekondêre infeksies. Kobras Kobras is langer en dunner slange. Hulle word geïdentifiseer deur hul regopstaan postuur en bakkop. Hulle gif is neurotoksies, wat beteken dat dit die sentrale senuweestelsel aanval. In dien jy deur ’n kobra gepik word, word simptome binne 30 minute ervaar. Boomslange Boomslange is lank en hulle het groot eiervormige oë. Die mannetjies is groen en die wyfies bruin. Hulle gif is hemotoksies wat beteken dat dit bloedstolling tot gevolg het. Die ergste hier is dat simptome eers na 36 uur kan voorkom. Hulle kom oral voor, maar is nie so volop in die Vrystaat nie. WAT DOEN JY INDIEN JY ’N SLANG RAAKLOOP? Kry die gesin en diere weg. Bel dadelik een van die nommers wat aan die einde van die artikel verstrek word, of kontak die brandweer. Belangrik! Iemand moet die slang dophou tot hulp opdaag. Moet glad nie probeer om die slang te verjaag of dood te maak nie. Dodkins verseker my dat die slang dan wel sal terugbaklei. Hy gaan probeer wegkom en indien hy nie kan nie en bedreig voel, sal hy beslis vir jou gaan. OOR SLANGTELING Om slange aan te hou en te teel is nie so maklik nie. Daar is soveel aspekte wat in ag geneem moet word soos dat hulle by die regte temperatuur gehuisves moet word. Ashley het ’n permit en kan slange vang, vervoer en vrylaat. Die algemene pu­bliek mag nie slange sommer net optel, vervoer en aanhou sonder ’n permit nie en elke provinsie het sy eie reëls in die verband. “Dit behels baie meer as om hulle net in ’n houerboks te sit om vir jou mooi te lyk.” FOTO’S VERSKAF DEUR ASHLEY DODKINS EN RIAN VILJOEN. SENWES Scenario • OKT/NOV 2016 35 KONTAKNOMMERS Noordwes Die Herpetologiese Vereniging is in Klerksdorp gesetel en die volgende nommers kan geskakel word: Ashley Dodkins @ 083 983 8573 Gerry Green @ 082 966 3058 Johan Vorster @ 061 685 2560 Vrystaat Bloemfontein: Carl Jackson @ 083 459 0086 Vaaldriehoek: Paul Rabiega @ 083 492 6315 Bethlehem, Clarens, Paul Roux, Fouriesburg en Kestell: Jean-Pierre Lees @ 072 979 23 64. Rinkhals WEES GEREED WANNEER DIE REËN VAL! Dis nou die tyd om u planter monitering, kunsmis en kalk toedieners asook spuit toerusting te hersien vir die komende seisoen. Ronin System Solutions verskaf parte, fasiliteer waarborge en installasies. Indien U n nuwe sisteem wil bekom, kontak Ronin vandag vir die beste pryse! +27 (0) 11 608 3666