Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 31

••• •• HA N D E L SN UUS •• FOKUS OP POTCHEFSTROOM:DEEL 2 SENIOR GRAANVERKRYGER IN POTCHEFSTROOM Johan Botha is jou verhoudingsbestuurder by Potchefstroom. Heymans glo in bemarkingsgroepe AUBREY KRUGER D awid Dawid Heymans is jou senior graanverkryger in Potchefstroom en vir hom gaan die bedryf oor een ding, die klant! Om saam met die klant te werk en optimale diens te lewer. En hy behoort te weet, met sy meer as 26 jaar ervaring in die bedryf. Heymans het al in 1990 as kredietkontroleur by Debiteure, vandag bekend as Senwes Credit, begin werk. Later is hy aangestel as verhoudingsbestuurder en junior graanverkryger, voordat hy in 2007 as senior graanverkryger aangestel is. Hy is die afgelope twee jaar in Potchefstroom werksaam en Potchefstroom, Parys, Raathsvlei, Weiveld, Wolwehoek, Enselspruit, Gottenburg, Hoogte en Vredefort ressorteer onder hom. Dawid vertel dat die Senwes bemarkingsgroep by Raathsvlei baie effektief is en uitstekend funksioneer. Hulle kom elke week bymekaar en Johan Botha, Verhoudingsbestuurder by Potchefstroom, lei gewoonlik die gesprekke. Dawid vertel dat hyself die vergaderings twee keer per maand bywoon, waar markaangeleent­ hede en tendense bespreek word. “Dit werp vrugte af,” sê Dawid. Daar is ook drie ander aktiewe bemarkingsgroepe, naamlik Enselspruit, Vredefort en Weiveld, wat elke twee weke vergader. “Die ideaal is om weekliks eentot-een sessies te hê,” sê Dawid. Buiten Dawid wat in Potchefstroom is, is Alta Pretorius as graanverkryger op Parys gesetel en bedien sy Weiveld, Enselspruit en Vredefort. Johan Botha behartig Raathsvlei, Wolwehoek, Heilbron en Gottenburg en Hennie du Plessis is hul streeksbestuurder. Hoewel Dawid in Potchestroom werk, bly hy en sy vrou Yolande in Klerksdorp. Hulle het twee seuns, Rudolph (21) en Erlo (19), wat beide by die Noordwes-Universiteit in Potchef­ stroom studeer. Dawid Heymans, Senior Graanverkryger by Potchefstroom. Johan Botha bestuur verhoudings AUBREY KRUGER J ohan Botha, die verhoudingsbestuurder by Potchefstroom, som sy werk eenvoudig op. Vir die 57-jarige Ladybrand-gebore Johan, wat al meer as 14 jaar vir die maatskappy werk, is dit voor die hand liggend: “Goeie verhoudings is tot voordeel van die kliënt.” Dit is die spil waarom alles draai. Hy vergelyk dit ook met die Engelse gesegde: “Happy wife, happy life.” Johan is immers al vir 15 jaar met Isabel getroud. Ek fokus net op my kliënt, hy is die belangrikste.” Sy einddoel is dus om ’n glimlag op ’n tevrede kliënt se gesig te sien. Dis waarna hy streef. Dit gesê, waarsku Johan dat alles net genade van Bo is, en dat hy alles opdra aan die Here “Besef elke dag hoe klein en nietig jy is.” So is Johan besig om die lang pad te stap sedert hy in 2002 as kliënteadviseur by Wesselsbron by die maatskappy aangesluit het. Hy werk sedert 2005 as verhoudingsbestuurder by Potchefstroom, alhoewel die posbenaming deur die jare verander het. In kort sien hy dit as deel van sy werk om die pad met die kliënt te stap en jaar-op-jaar te kyk na al sy produksie-insette. Maak ook ’n punt daarvan om altyd na nuwe kliënte te soek. Hy vertel dat ’n mens as verhoudingsbestuurder nooit as te nimmer moet opgee nie: “Wees altyd nougeset.” Vanjaar het ’n kliënt met ons begin besigheid doen nadat ek al vir jare aan hom werk.” Daar is altyd ’n uitweg, maar in baie gevalle moet jy jouself eers by jou kliënte bewys. SENWES Scenario • OKT/NOV 2016 29