Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 28

•••• HA N D E LSN U U S Senwes hersien FICA-proses Wet op Finansiële Intelligensiesentrum (FICA) - Wet 38 van 2001 IN TERME VAN FICA IS SENWES VERPLIG OM DIE IDENTITEIT VAN SEKERE KATEGORIEË KLANTE, BYVOORBEELD AANDEELHOUERS, KLIËNTE WAT OP SAFEX VERHANDEL, KLIËNTE WAT LANGTERMYN VERSEKERINGSPOLISSE HET EN DIÉ WAT BETROKKE IS BY DIESELVERSKANSING, TE VERIFIEER. DIE PROSES STAAN ALGEMEEN BEKEND AS KYC (KNOW YOUR CLIENT / KEN U KLIËNT). S 26 enwes het vanaf die implementering van FICA deurlopend gepoog om aan die vereistes daarvan te voldoen. Aanvanklike onduidelikhede, sowel as wysigings tot die wetgewing met verloop van tyd, het egter genoodsaak dat Senwes die proses dringend moet hersien ten einde te verseker dat alle kliënte behoorlik geïdentifiseer is. Dit behels dat Senwes verplig is om ook die korrektheid en geldigheid van die voorgeskrewe dokumentasie van identifikasie te verifieer volgens die vereistes van die wet en die regulasies wat daarop betrekking het. Dit verplig ons om, onder andere, gesertifiseerde afskrifte van die sekere inligting op rekord te hou. Indien Senwes nie in besit is van gesertifiseerde afskrifte van die betrokke dokumente nie, mag ons in terme van FICA ongelukkig nie enige transaksies met die kliënt doen nie. Ten einde dit te vermy, is ’n spesiale projek geloods om te bepaal watter kliënte se rekords nie aan FICA se vereistes voldoen nie en om dit reg te stel deur kliënte te versoek om die ontbrekende dokumentasie aan ons te voorsien. Senwes loop ’n wesenlike risiko van administratiewe boetes in­dien ons besigheid sou doen met kliën­ te wie se inligting onvolledig is of nie geverifieer is nie. In die afgelope jaar, byvoorbeeld, is ’n administratiewe boete van R10 miljoen by twee geleenthede opgelê aan ondernemings wie se KYC-verifikasie nie in plek was nie. Kliënte sal per brief, sms, telefonies en deur persoonlike besoeke genader word en elkeen se same­ Luc ky Win ner werking word versoek sodat die projek in die kortste moontlike tyd afgehandel kan word. Die insameling van die inligting sal deur verskeie afdelings en persone behartig word, waaronder die kredietafdeling, graanmakelaars, sentrale administrasie en gekontrakteerde projekspanlede wat in besit van ’n magtiging van Senwes sal wees. Die ontbrekende inligting verskil van kliënt tot kliënt en slegs ontbrekende inligting sal ingesamel word. Ons vertrou dat u begrip daarvoor sal hê dat hierdie aksie nie net noodsaaklik is vir die bestuur van ’n wesenlike risiko vir Senwes nie, maar ook deel uitmaak van Senwes se verbintenis tot verhoogde nakomingsvlakke en goeie korporatiewe bestuur. Die finale datum vir afhande­ ling van die projek is 31 Oktober 2016, maar die projekspan is ge­­ taak om dit so gou as moontlik af te handel. Ongelukkig sal Senwes na daardie datum nie enige transaksie kan doen met enige persoon wie se FICA-verifikasie onvolledig is nie, totdat sodanige ontbreken­ de inligting voorsien is. Enige navrae kan aan die Senwes Sekretariaat en Regs­ afdeling gerig word by (018) 4647118/464-7498.