••••
VERHOUDINGSBESTUURDER BLOEMFONTEIN
HA N D E LSN U U S
Om sukses te behaal sit Willem
verskeie werkshoede op
BLOEMFONTEIN SE VERHOUDINGSBESTUURDER,
WILLEM PIENAAR, IS AL 41 JAAR IN DIENS VAN SENWES
EN SY WERK IS VIR HOM STEEDS BEVREDIGEND.
AUBREY KRUGER
W
illem het in 1975 by
Senwes op Dewetsdorp
begin werk toe die maatskappy
nog as Sentraalwes bekend gestaan
het. Hy het as klerk begin en
later jare afgelos as takbestuurder
by Edenburg en Reddersburg.
Daarna het hy saam met sy
broer, Saai, op huurgrond in
Dewetsdorp geboer en in 2000
weer by Dewetsdorp begin werk
as onderdelehoof. Hy is vanaf
2002 die verhoudingsbestuurder
in Bloemfontein.
HOE SIEN HY SY WERK?
“Ek bestuur verhoudings met verskaffers en met ons klante en werk
ook nou saam met
Senwes
Credit
omdat ek
van die
produksie
aansoeke
hanteer.
Verhoudings, familie en boerdery
is Willem Pienaar se passie.
24
Om sukses te behaal sit Willem
verskeie werkshoedjies op. Hy is
’n verteenwoordiger van Senwes
Credit sowel as Hinterland en
moet al daardie take bestuur. Uit
die aard van sy pos is Willem ten
volle bewus van die belangrikheid
van verhoudings met verskaffers,
klante, familie en kollegas.
DIE VERSKAFFERS
Jou sukses hang af van hoe goed
jy met verskaffers oor die weg
kom: “Jy móét eenvoudig met
hulle oor die weg kom.” Daarom
kontak hy hulle gereeld en almal
weet sy deur staan altyd oop
vir hulle. Hy sê dat hulle sukses
afhang van verhoudings met verskaffers omdat mens graag wil hê
dat al die besigheid na jou kant
toe moet kom - “Jy moet die ou
wees aan wie hy dink.”
DIE KLANT
Klantediens loop hand aan hand
hiermee. Die klant is die “ultimate
factor”. Hy het reeds as gewone
klerk besef dat hy die klant se vertroue altyd moet behou. Dit is die
heel belangrikste. Jy moet hulle
die hele tyd diens. Niemand is iets
sonder klante nie.”
FAMILIE
Willem bly in Dewetsdorp
en diens Bloemfontein,
Petrusburg en Dealesville.
Verhoudings by die huis
en ’n gesin wat begrip
OKT/NOV 2016 • SENWES Scenario
hiervoor het, is dus baie belangrik.
“Sonder familie is ek niks.” Hy is
al 38 jaar met Rina getroud en volgens hom is hy ook ‘gebless’ met die
twee mooiste dogters, Ansunet en
Mandi, en het vier kleindogters en
een kleinseun.
KOLLEGAS
Willem loop ook ’n pad met kollegas: “Met Senwes Credit, my
sleutelrekeningbestuurders, my
debiteureklerk, my bestelklerk, my
stoorman en my takbestuurders.”
Jou sukses is immers toe te skryf
aan hoe jy met hulle almal werk en
as jy ’n spanmens is, maak dit alles
net makliker.
Hy doen al hierdie dinge met ’n
glimlag – “Om met mense te kan
werk is ’n gawe. Ek is lief vir mense,
so dit alles maak dit lekker vir my.”
Die dat hy elke oggend met groot
dankbaarheid en opgewondenheid
werk toe kom. Dit is nie altyd
maklik nie, maar in die moeilike
tye maak die saamstaan dit alles die
moeite werd vir hom.
Op 62 is aftrede die laaste ding
in Willem se gedagtes.” Ek is een
van daardie ouens wat nie beplan
om af te tree nie.” Indien dit vir
hom beskore bly gaan hy nog vir
so lank as moontlik aanbly. Daarna
gaan die boerdery hom aan die
gang hou - hy leef sy skaapboerdery
met passie uit – sy “sielgesondmaaktye.”
Sy genot is selfs te bespeur al is
dit “leeuwêreld daar buite”. “As ’n
jong boer by jou kom sit, en jy hom
sien hom groei deur die jare. Om ’n
jong boer vir Senwes en Hinterland
te kan vat. Dit is ongelooflik bevredigend.” So hoop hy dít is hom nog
vir ’n rukkie beskore…