Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 25

GRAANVERKRYGER IN BLOEMFONTEIN

Jana Erasmus lees haar produsente reg

HANDELSNUUS
•••
•••••••
AS DAAR EEN DING IS WAT JANA ERASMUS ( SENWES GRAANVERKRYGER IN BLOEMFONTEIN ) REG DOEN , IS DIT OM PRO- DUSENTE REG TE LEES EN TE VERSTAAN .
AUBREY KRUGER

Jana lewer uitstekende diens omdat sy haar volle aandag aan produsente skenk . Sy het al 12 jaar se ondervinding sedert sy in 2004 by die maatskappy aangesluit het .

Sy sien haar rol as die skakel tussen Senwes , die mark en die produsent , waar sy belangrike inligting aan hulle deurgee en ook beter pryse vir hulle beding . Die sukses van ’ n goeie graanverkryger volgens haar is “ dat jy elke boer afsonderlik moet beoordeel . Elke boer benodig iets anders . Elkeen verwag iets anders van jou .”
Individuele fokus behels kontak met elkeen , die trek van verslae en stuur van sms ’ e en in die middag is sy letterlik vol bespreek wanneer sy produsente gaan besoek . “ Dit is juis hier waar produksiekostes be reken word en besluit word wanneer kontrakte geskryf moet word en hoeveel ton vasgemaak moet word . Hierdie is die belangrikste tyd wat jy gebruik om ‘ n bemarkingsplan vir die jaar uit te werk .”
OOR BLOEMFONTEINSE PRODUSENTE Oor haar Bloemfonteinse produsente het sy net goeie dinge te sê : “ Ek ken my boere en geniet my boere - veral die wat geen dramas het nie .” Verder kom almal goed oor die weg en het hulle ook goeie kontak met boereverenigings .
Haar werksmotto is : “ Wees konsekwent in jou werk .” Hier lig sy uit dat jou opvolgwerk van kritiese belang is . “ As jy sê jy gaan iets doen , dan moet jy dit doen . Produsente moet jou kan vertrou , want sodra vertroue gebreek is , kry jy dit nie maklik terug nie .” Haar ander raad is om altyd te probeer om klante te werf . Vanjaar het drie jaar se harde werk aan ’ n produsent eers begin vrugte afwerp .
’ n Bietjie meer inligting oor Jana is dat haar eerste pos destyds dié van graanverkrygingsassistent by Petrusburg was en is sy later tot graanverkryger bevorder . Sy is die afgelope drie jaar reeds in Bloemfontein werksaam . Verder het die 39-jarige Kimberley-gebore vrou twee kinders , Jalani ( 18 ) en Roelof ( 10 ). Sy was vir 6 jaar met Roelf getroud voordat hy op 33-jarige ouderdom in 2009 aan ’ n hartaanval oorlede is . Roelf het self ook vir ’ n dekade lank vir Senwes gewerk as hulpsilobestuur der by Petrusburg .
Benewens om klante te lees , is die lees van boeke ook ’ n groot passie van haar . Jana se gunste ling skrywers is Patricia Cornwell en Richard Montanari , en sy vertel dat sy boeke lees van almal wat dit wel gemaak het in die skrywerswêreld .
23
Planter Monitor
• Seed per 100m per row , seed population
• Hectares worked and much more
• Easy to install and maintain
• Fertiliser and turning of axles
• Can be applied to most planters
• Real tough , rust and water resistant

Cut losses with PRECISION Plant with VISION

Proudly Made in South Africa
Tel : 012 345 3193
Fax : 012 345 6763 Web : www . electrolee . co . za Email : info @ electrolee . co . za Sales : sales @ electrolee . co . za
Process Monitor for Air Seeders
• Area
• Speed
• Tacho up to 4 axles
• Alarm on each function
• Easy to install
• Bin / Tank full
• Bin / Tank empty