Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 22

••••
NUUS

Senwes Jongboer huisves Nasie in Gesprek

Senwes Voorsitter , Danie Minnaar spreek die gehoor toe tydens die 13de Senwes Jongboer Toekomsfokusdag by Nampo Park .
20
Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar , DJ van der Linde , het familiedinamiek bespreek .
Theo Vorster , HUB van Galileo Capital was weereens die ankeraanbieder van die program .
OKT / NOV 2016 • SENWES Scenario
DIT IS WEER TYD VIR DIE VOLGENDE REEKS VAN DIE IMMERGEWILDE BAANBREKER , NASIE IN GESPREK , DIE LANDBOU SEKTOR GESPREK WAT DEUR SENWES GEÏNISIEER IS .
AUBREY KRUGER EN MARLON ABRAHAMS

Op Dinsdag , 13 September

2016 , is begin om die heel eerste episodes van die reeks by Nampo Park naby Bothaville te verfilm . Dié reeks sal vanaf Januarie 2017 op verskeie televisieplatforms uitgesaai word . Hier het talle industrieleiers en produsente die onderwerp van Familieboerdery as Besigheid bespreek .
Die besprekings het deel gevorm van die Senwes Jongboer Toekomsfokusdag wat daarop gefokus is om as netwerk- en besprekingsplatform vir jong boere te dien . Dit was ook die 13de Toekomsfokusdag , wat goed bygewoon is deur nagenoeg 300 produsente .
Die paneel vir die eerste sessie , wat gekyk het na die belangrikheid van familiebesighede in die algemeen binne die Suid-Afrikaanse ekonomie en spesifiek die landbousektor , het ingesluit Senwes Groep HUB , Francois Strydom , Andre Diederichs , stigter van FABASA , Hendrik Wessels ( PricewaterhouseCoopers ) en Theo Vorster , HUB van Galileo Capital , wat weereens die ankeraanbieder van die reeks is .
Die tweede sessie het na die praktiese implikasies van familiebesighede gekyk om ’ n balans tussen besigheidsbeginsels en familiedinamiek te kry . Die paneel tydens dié sessie het produsent Anton Botha en sy seun Heinrich van die plaas McGrath in die Bultfontein distrik ingesluit , die Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar , DJ van der Linde asook Gerhard Bruwer , Graan SA Senior Bestuurder en een van drie broers wat deel van Genade Boerdery vorm .
FABASA se Andre Diederichs het gesê dat daar drie kritiese uitdagings is om ’ n suksesvolle familiebesigheid te bestuur . “ Dit is krities belangrik om ’ n duidelike struktuur van die besigheid te hê wat aandui wie verantwoordelik is vir wat , tweedens moet daar verseker word dat almal dieselfde norme , waardes en verstandhouding oor die besigheidsbeginsels het en laastens moet die opvolgbeplanning duidelik uiteengesit wees .” Hier het Diederichs bygevoeg dat talle sake bespreek , sowel as ooreengekom moet word , wat insluit of nie-bloedverwante familie in die raamwerk van opvolgbeplanning ingesluit gaan word al dan nie , asook hoe om vir pensioen voorsiening te maak .
Die paneel het ook saamgestem dat die hoofbestanddeel vir opvolgbeplanning “ die vermoë en bereidwilligheid ” van die toekomsgenerasie moet wees vir insluiting in die besigheid .
Kobus Dannhauser , ’ n graan- en veeboer in die Parys omgewing , het