••••
KO L LI G
Groot geskiedenis by
hierdie Kleinheuwel
> VERVOLG VAN BLADSY 17
VEE
Charl het geen aanteelvee nie.
Hy koop vir die afgelope dekade
speenkalwers so lig as moontlik
aan en neem hulle tot 280 kg,
waarna hy hulle verkoop. Hy het
dus net spekulasievee - so 800 tot
1 000 kalwers.
Die groot voordeel was in die
droogtetyd toe hy amper geen
kalwers gehad het om te voer nie.
Die ander end van die skaal is dat
jy tydens swaar tye geen inkomste
vanuit die veekomponent het nie.
SENTIMENT IN BOERDERY
Hy sien sy rol as produsentpa om
sy kinders te motiveer om in landbou te bly. Hulle seun Robert (14)
is in Jacobsdal Landbouskool en sy
kop staan klaar in die rigting van
boerdery, waar hy as die sewende
generasie boer in die familie die rol
sal moet vervul. Hy en Hetmari
het ook ’n dogter Shereé (11), wat
’n leerling by Oranje Meisieskool
is. Hy beskou homself as redelik
sentimenteel, maar voeg by –
“Mens moet nie te sentimenteel
wees nie. As jou kinders nie wil
18
Charl het 13 John Deere
trekkers asook ‘n John Deere
stroper op sy plaas.
boer nie moet hulle word net wat
hulle wil.”
STOKPERDJIES
Hoewel boerdery baie tyd in beslag
neem, voel Charl dat ’n boer stokperdjies moet hê. Net die vorige
dag het hy en sy seun Vrystaat
Kleiduif gaan skiet. Verder vlieg
hy met sy Kitfox 7-Supersport
tweesitplek vliegtuig, ry sy BMW
1200 Adventure en daarby is hy
ook ’n 4x4-entoesias en het al die
duine by Luderitz, Walvisbaai,
Mier en Boegeberg uitprobeer.
Dan leen die gebied op sy plaas
hom ook uitstekend tot 4x4-roe
tes met tot vlak 5-roetes wat hier
beskikbaar is.
WILD
Die wildskomponent word op
1 800 hektaar bedryf, hoofsaaklik
OKT/NOV 2016 • SENWES Scenario
op die plaas Uitvlug-Wes. Oorspronklik het die familie net met
swartwildebeeste, blesbokke en
springbokke geboer, maar vandat
hy in 1990 hier begin het, is die
aantal spesies tot 14 uitgebrei wat
rooibokke, springbokke, blesbokke, hartbeeste, gemsbokke, zebras,
njalas, swartwildebeeste, koedoes,
talle waterbokke, volstruise en
leeus insluit.
WERKERS
Charl het 16 werkers op sy plaas
met van hulle wat al van sy groot
oupagrootjie Ignatius Kruger, se
dae hier werksaam is. Hy beskryf
Jannie du Plessis, wat al 5 jaar hier
werk, egter as “sy regter- en linker
hand.” Jannie se eintlike liefde
is beeste, maar hy doen omtrent
alles op die plaas wat sowat 35 km
buite Bloemfontein geleë is.