Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 8

••• HO OFSTOR I E moontlike opsies met betrekking tot gemeenskaplike grondeienaarskap. Banke moet óf hervorm en dit inkorporeer, óf die hoofmanne moet hulle regte opgee om grond namens mense te hou. Dat die hoofmanne (chiefs) sommer net daardie regte sal laat vaar, is moeilik om te glo. Aan die ander kant loop banke ook ‘n risiko. Venter is van mening dat banke baie meer vatbaar is as wat mense dink en dat die regering ook sy rol sal moet speel. Venter dui verder daarop dat die sogenaamde 50/50 model baie tekortkominge het. Eerstens sal die verdeling van land plase onekonomies maak. Dit is ook nie grondwetlik nie en dit kan in konflik ontaard, wat ‘n aaklige pad is om te loop. Nader aan die huis is die Zimbabwe situasie nog steeds nie opgelos nie. Dit is volgens Mkhabela die resultaat van ‘n, “Wenner vat Alles”- mentaliteit. Du Preez dui aan dat 2 miljoen Zimbabwiërs vanjaar reeds van buite af gevoed moet word. “Die stelsel in Zimbabwe het duidelik nie gewerk nie”, verduidelik Du Preez. ‘n Meer werkbare model volgens Venter is die alternatiewe model waar die privaat sektor op ‘n vrywillige basis by grondhervorming betrokke raak, in samewerking met die 6 nasionale ontwikkelingsprogram van die regering, waar 50% van bykomende plase deur swart aandeelhouers besit word. Dit is ‘n baie meer aanvaarbare model en, volgens Du Preez, kan die “ongeregtighede van die verlede nie sonder erge ekonomiese gevolge reggestel word nie.” DIE GESKIEDENIS Die kern lê egter in die geskiedenis van grondeienaarskap. Dit is derhalwe ook baie gepas dat dié reeks episodes van Nasie in Gesprek juis by Forum Homini in die Wieg van die Mensdom, geskiet is. In ‘n kort oorsig vertel Grobler dat mense in die oertydperk net bestaan het. Later, sowat 20 000 tot 30 000 jaar gelede, het mense begin voedsel produseer, maar die konsep van grense was baie vaag. In die derde fase is begin om grond te verdeel en oor die laaste twee millennia het eiendomsreg ‘n realiteit geword. Hier in Suid-Afrika was die Europese invloed baie sterk, volgens Grobler: “Na 1902 is die konsep van reserwes en nedersettings bekendgestel en het Suid-Afrika die wit man se land geword, in terme van grondeienaarskap.” Mkhabele voeg by dat die kwessie van rasseverhoudings Okt/Nov 2015 • SENWES Scenario ook hierby gevoeg is, naamlik hoe Afrikane deur ander rasse hanteer moet word. Dit is die hart van die saak. Du Preez stel dit die beste. “Ons moet teruggaan en sê dat dit een van die groot historiese ongeregtighede was, en dat daar groot misverstande was – wat ons weer vandag het.” DIE SLEUTEL TOT SUKSES “Ons moet die pas van grondhervorming vinnig genoeg maak om dit uit die hande van roekelose politici te hou, want politici, soos wat hulle ook elders gedoen het en nog steeds doen, sal in die toekoms die grondkwessie annekseer, juis omdat dit so ‘n emosionele saak is.” – Du Preez. Ons land het enorme potensiaal, maar ons moet leer uit ons geskiedenis, saamwerk en die regte besluite vir almal neem. Die splinternuwe reeks van Nasie in Gesprek word vanaf 14 September tot 25 Desember uitgesaai met verskeie interessante onderwerpe en sal weekliks op Kyknet (kanaal 144), Business Day TV (kanaal 412) en Soweto TV (kanaal 251) uitgesaai word. Sou jy ‘n episode mis, gaan na www.senwes. co.za of www.nasieingesprek. co.za om daarna te kyk of om insae en opsommings rakende die heel nuutste episodes wat uitgesaai word, te kry. Die volledige programskedule is ook op dié webtuistes.