Senwes Scenario Oktober / November 2015 - Page 7

HO O F ST O R IE ••• ONS IS NOU ‘N NASIE IN GESPREK DIE GEWILDE TWEEDE SEISOEN VAN DIE SENWESGEÏNISIEERDE NASIE IN GESPREK IS NOU AL OP DRIE TELEVISIEKANALE IN VOLLE SWANG, MET KYKNET SE REEKS WAT VROEG IN OKTOBER OOK AFGESKOP HET. AUBREY KRUGER GRONDHERVORMING: DIT IS NOU DIE TYD Die tema waarmee afgeskop is, is grondhervorming. En die tyd wat ons het, is 10 jaar. So waarsku Pierre Venter, algemene bestuurder by BASA (Bank Assosiasie van Suid-Afrika). Dit is die kruks van die saak rakende grondhervorming. “Ons moet aan die gang kom en indien nie, word die risiko groter dat radikale elemente deel van die proses sal word”. Dit is uiters belangrik om realisties te wees, sê Jackie Grobler, senior lektor by die Universiteit van Pretoria. “Deur te probeer om die kragte van die natuur oornag te verander, kan katastrofiese gevolge hê. En as die sosiale- en gemeenskapskant te ver gedryf word, is die koste-implikasie daarvan nie die beginsel werd nie.” Grobler het verwys na wat die laaste eeu in die Sowjet Unie, China en Kambodja gebeur het. Privaat eienaarskap is toe totaal en al uit die sisteem verwyder. “Dit gaan gepaard met ernstige trauma, lewensverlies, afname in voedselproduksie en hongersnood as uiteindelike gevolg.” Dit is beslis nie die roete wat ons land wil gaan nie. Volgens die redakteur van die Sowetan, Mpumelelo Mkhabela, is die situasie in Suid-Afrika van so ‘n aard dat privaat grondeienaarskap aanvaar moet word. “Grond is in ‘n vorige bedeling van mense ontneem. Nou moet grond herverdeel word in ‘n stelsel waarvan privaat grondeienaarskap deel vorm.” Maklik gaan dit gewis nie wees nie, soos politieke analis, Max du Preez verduidelik: “As grondhervorming ‘n landbouprobleem was, sou ons dit voor sononder kon oplos. Maar grondhervorming is nie ‘n landbouprobleem nie, dit is ‘n politieke kwessie. Ons moet die politieke deel aanspreek, maar moet ook toesien dat die ander deel, die landboudeel, nie agterweë gelaat word nie.” Venter verduidelik dat privaat eienaarskap in SuidAfrika massief is. “Iewers in die omgewing van R3.2 triljoen - so dit is absoluut krities dat privaat eienaarskap en die regte wat daarmee gepaard gaan, moet voortbestaan.” Mkhabela sê die wetgewende deel moet agter die blad gekry word. Du Preez sê daarby: “‘n Weg moet gevind word waarbinne politieke en ekonomiese realiteite kan saamwerk.” Mkhabela sê dat “landbou die hart van die lewe en van onskatbare waarde is.” Du Preez voel “ons kan nie toelaat dat een vierkante meter vermors word nie. Die beeld van die produsent is gedurig aan die verander. Du Preez sê dié nuwe prentjie van die boer is as ‘n besigheidspersoon, wat te make het met wetenskaplike boerderymetodes, hoë produksievlakke en behoorlike investering in arbeid. Almal se samewerking gaan nodig wees om die landbousektor te ondersteun, volgens Mkhabela. Die ou stelsel van gemeenskaplike eienaarskap werk eenvoudig nie en die beginsel van privaat eienaarskap moet aan mense oorgedra word met land wat verhandelbaar is. Hierdie stelsel moet gerespekteer word. Daar is basies net twee SENWES Scenario • Okt/Nov 2015 5