Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 62

••• VRO U E D I N AM I K A DS. JACKIE VAN ZYL GENOEG O ns is verantwoordelik vir die versorging van ons gesinne, ons moet goeie rentmeesters wees en ons wil graag oes en opgaar vir die onbekende toekoms. Dit maak tog heeltemal sin! My vraag is egter of ons soveel aandag, passie en tyd spandeer aan ons verhouding met God as wat ons moeite doen om op te gaar? En dan... is ek ooit regtig tevrede met dit wat ek op aarde het? Spreuke 30:7-9 “Net twee dinge vra ek van U; moet my dit tog nie weier nie; daarna kan ek sterf: moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie; moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: “Wie is die Here?” nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie.” 1 Timoteus 6:6-9a “Die godsdiens is ‘n groot wins as 60 SCENARIO LESER, EK HET NIE ‘N IDEE WAT IN JOU GELDSAKE AANGAAN NIE EN DIT IS GLAD NIE MY INTENSIE OM ‘N EIER TE LÊ OOR IETS WAARVAN EK NIKS WEET NIE. IN MY EIE LEWE EN IN DIE LEWENS VAN MENSE RONDOM MY, SIEN EK DAT GENOEG NOOIT EINTLIK GENOEG IS NIE. ONS HET ONSSELF OORTUIG: MEER EN GROTER EN DUURDER IS BETER! iemand tevrede is met wat hy het, want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie. As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees. Maar dié wat ryk Okt/Nov 2015 • SENWES Scenario wil word, val in versoeking...” Laat ons verantwoordelik wees in die bymekaarmaak en spaar vir die droë tye, maar mag dit nooit die plek bo God in ons lewens inneem nie.