Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 52

••• AG RI - W E N K E JACQUES ODENDAAL, PETRUS VAN STADEN, GERRIT OOSTHUIZEN, JOHAN DU TOIT EN GEORGE LE ROUX RIGLYNE EN RAAD AKKERBOU EN GRONDKUNDE • Vir dié 2015/16 seisoenbeplanning se opbrengsmikpunt behoort grondvogevaluasie belangrik te wees. • Opgegaarde of gestoorde grondwater is ‘n noodsaaklike buffer in kritieke tye. ’n 4 ton/ha mielie-oes se evapotranspirasie is nagenoeg 385 mm. Om risiko te verlaag behoort 50% (193 mm) as opgegaarde water voor planttyd in die grondprofiel te wees. • Die doel van bewerkingstelsels is om verdamping vanaf die grondoppervlak en transpirasieverlies deur onkruid tot die minimum te beperk. • Die lae opgaardoeltreffendheid noodsaak oorlêstelsels met effektiewe bestuur. • Die kultivarpakket behoort deur die nasionale kultivarevalueringsdata en die produsent se eie proewe gerugsteun te word. • Plantpopulasie en rywydtes behoort gebaseer te word op grondpotensiaal, bewerkingstelsels, insluitend wisselbou, kultivar, infrastruktuur asook data gegenereer in die produsent se eie proewe. • Die grondoppervlak behoort sodanig te wees dat vinnige en harde reënbuie benut 50 DIE AFGELOPE SEISOEN WAS KENMERKEND VAN TOESTANDE IN SEMI-ARIEDE GEBIEDE. DIE EFFEK VAN VARIASIE IN HOEVEELHEID SOWEL AS VERSPREIDING VAN REËNVAL OP GEWASOPBRENGS, HET GEWISSEL VAN GERING TOT KATASTROFIES. en afloop beperk word. Begin om “natter” lande te plant en gee “droër” lande kans om meer reën te ontvang. • Indien planttyd uitloop en die grond nog droog is, moet die boerdery nie aan onnodige risiko blootgestel word nie. Winteraartappels kan nou geplant word. Grondbone: Kyk uit vir bolwurm en plantluise. Hoë temperature en relatiewe hoë humiditeit kan blaarvleksiektes bevorder. Soja- en droëbone: Afhangend van die kultivar kan nog tot middel Januarie geplant word. • GROENTE EN VRUGTE • Gewasse wat geplant kan word, is onder andere beet, broccoli, geelwortels, seldery, komkommers, stamboontjies, eiervrug, blaarslaai en spanspek. • ‘n Wisselbouprogram kan bestaan uit die afwisseling van blaar- en/ of vrugdraende gewasse. • Kyk uit vir plantluise en ruspes wat skade aan blaar- en peulgewasse kan veroorsaak. • Witroes en pampoenvlieg kan by rankgewasse ‘n probleem wees. • Spuit vrugtebome Okt/Nov 2015 • SENWES Scenario om vrugtevliegskade te voorkom. AANGEPLANTE WEIDINGS Die nodige saadbedvoorbereiding en grondchemieregstellings om weidings te vestig behoort nou afgehandel te word. Hou by gewasse en kultivars wat aard in die omgewing. Hou by aanbevole bemestings- en saaidigtheidsriglyne. Gebruik kwaliteit gesertifiseerde saad en plant in ‘n gelyk, fyn, ferm en onkruidvrye saadbed, want die meerderheid weidingsaad is klein. Die grond moet gerol word voor en na saai. Smutsvinger moet gelaat word om eers goed te vestig en uit te groei (blomstadium) voordat dit intensief bewei word. Beplan weidingrotasiestelsels vir die groeiseisoen. Hersien voer- en kuddevloeiprogramme. Waar drakrag bepaal moet word, doen die nodige opnames. Dit is nou tyd om voersorghum, ak