Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 51

••• D RUPPE L S O P D IE DA K THYS GROBBELAAR SEISOENSVOORUITSIGTE E en groot leemte van klimaat in Suid-Afrika, is ‘n gebrek aan betroubare seisoensvoorspellings. Daar is verskeie indekse en metodes, maar met min sukses. Van die indekse of modelle waaraan waarde geheg word, is die El Niño en La Nina verskynsel. Dit is nie ‘n bewese voorspellingsmetodiek met akkurate uitkoms nie. Weens ‘n gebrek aan iets anders word daar wel na die verskynsel gekyk. Die Suidelike Ossilasie-indeks wat grafies in onderstaande grafiek uitgebeeld word, is een van die indikatore waarna gekyk word om die El Niño en La Nina verskynsel te voorspel. Die indeks word bereken op lugdrukverskil tussen Darwin (Noordelike Australië) en Tahiti (Stille Oseaan). Hoe negatiewer die indeks, hoe sterker moontlikheid vir die ontwikkeling van ‘n El Niño verskynsel. Die indeks toon ‘n bestendige negatiewe tendens, wat gewoonlik uitloop op ‘n El Niño met ondernormale reënval in Suidwes Australië en Suidelike Afrika. GEWASPRESTASIE GEDURENDE EL NIÑO EN LA NINA Daar is goeie data sedert die vroeë 1900s oor SOI en seeoppervlakte-temperature en is seisoene ook geklassifiseer as El Niño, La Nina en neutraal. Daar is gekyk na gewasprestasie van mielies in Suid-Afrika sedert 1950 in somerreënvalgebiede. Die vyf jaar lopende gemiddelde opbrengs is bereken, wat die afwyking van die verskillende tipes seisoene bepaal ten opsigte van gemiddelde opbrengs. Onderstaande grafiek dui die afwyking van die mielie-opbrengs tydens El Niño, La Nina of neutrale seisoene aan. Daar was duidelik vier El Niño tipe seisoene met ‘n groot negatiewe afwyking ten opsigte van opbrengs. Dit was elke keer aan die begin van die dekade. Sedert 1985 het al die La Nina tipe seisoene ten minste ‘n gemiddelde opbrengs of ‘n bo-gemiddelde opbrengs gerealiseer. Die 1983/84 seisoen is geklassifiseer as ‘n La Nina seisoen, maar die mielie-opbrengste was laer as die lopende gemiddeld. Wat hier gebeur het was dat ‘n tropiese sikloon, Demoina, oor ‘n gedeelte van Suid-Afrika beweeg het en ‘n ernstige droogte in die weste van die land tot gevolg gehad het. Daar was ook seisoene waar El Niño tipe seisoene tot bo-gemiddelde mielieopbrengste aanleiding gegee het. OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING El Niño tipe seisoene wat hierdie seisoen voorspel word, het al ernstige komplikasies vir mielieopbrengsprestasie gehad. Daar was amper net soveel kere waar ‘n El Niño seisoen aanleiding tot bo-gemiddelde mielie-opbrengste gegee het. Tropiese siklone en sterk laagdrukstelsels oor die Mosambiek Kanaal het in baie gevalle ‘n sterker effek op ons klimaat as wat die El Niño of La Nina het. Ons sit hierdie seisoen met onder-gemiddelde grondvog, wat mens baie bekommerd maak. Ons sal alles in ons vermoë moet doen om praktyke te volg wat nie verkwistend op grondvog inwerk. Dit sluit plantestand, kultivarkeuse, onkruidbeheer, bewerking en bemesting in. Ons vertrou ons Vader sal voorsien. Sterkte en voorspoed met die nuwe seisoen. SENWES Scenario • Okt/Nov 2015 49