Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 46

••• RUBR I E K THYS GROBBELAAR GRAANMARKVOORUITSIGTE: WAT IS ONDERLIGGEND TOT DIE GRAAN- EN OLIESADEMARK? INTERNASIONALE FUNDAMENTELE FAKTORE: Die internasionale finansiële- en kommoditeitsmarkte gaan tans deur redelik turbulente tye. Die ekonomiese onsekerheid die afgelope tyd, wat begin het toe sekere lande se groeivooruitsigte in terme van hulle bruto binnelandse produk (BBP), redelike afnames begin toon het. Dit het begin met Griekeland se ekonomie wat drasties gekrimp het en die hele Europese Unie se ekonomiese posisie in gedrang gebring het. Griekeland se BBP was volgens die Internasionale die wêreld aan. China was volgende aan die beurt, waar die ekonomiese groei drasties afgeneem het. Die situasie het daartoe aanleiding gegee dat die pryse van verskeie kommoditeite, sagte kommoditeite - grane en oliesade - wat deel hiervan uitmaak, redelik drasties op die internasionale markte gedaal het. Beleggingsfondse is bevrees dat die verbruik van die betrokke kommoditeite drasties kan daal en hulle onttrek hulle beleggings dus uit die tipe kommoditeite. Die Chinese ekonomie het vanaf die begin 2000 sterk Monetêre Fonds (IMF) nog $356,296 miljard en dit het gekrimp tot $207,148 miljard vanjaar. Die Euro-sone was tot onlangs nog die tweede grootste ekonomie in die wêreld. China het intussen die Eurosone verbygegaan en is tans die tweede grootste ekonomie in die wêreld. Onderstaande grafiek dui die groei van die vernaamste ekonomie in 44 Okt/Nov 2015 • SENWES Scenario begin groei. Die ekonomie was nog nie vergelykbaar met lande soos die VSA, Duitsland en Japan nie. Die Chinese ekonomie het volgens die IMF gegroei van 3.6% van die wêreldekonomie gedurende 2000 en het gestyg tot 15.2% gedurende 2015. Dit was egter sedert 2005 dat die ekonomie drasties begin groei het. Die groei in die bruto binnelandse produk het by die 15% teen 2007 gedraai. Daar was projeksies dat die groei gaan eindig by meer as 20% en dit sou wesenlike implikasies op kommoditeite soos energie, voedsel en sekere metale en minerale hê. Volgens onderstaande grafiek is die huidige verwagte BBP-groei slegs 6%. Daar is wel finansiële instellings wat beweer dat die groei so laag as 2% kan wees. Net om die omvang daarvan in syfers weer te gee, kan die volgende voorbeeld gegee word. Sou die Chinese ekonomie met 1% in terme van hulle BBP krimp, beteken dit ‘n ekonomie wat $112 miljard kleiner is. Die bedrag volledig uitgetik lyk as volg: $112,000,000,000. Die BBP beteken die totale waarde van dienste en produksie per jaar in die betrokke