Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 43

HA N D E L SN UUS SWAEL: DIE VIERDE MAKRO-ELEMENT DIE LANDBOU IS WAAR ALLES 62 JAAR GELEDE VIR OMNIA BEGIN HET TOE DOC WINKLER EN WILLIE MARAIS ‘N KLEIN KALKONDERNEMING, GEBASEER OP ‘N KULTUUR VAN HEGTE GESINSBANDE, OP DIE BEEN GEBRING HET. OMNIA SE SAKE­F ILOSO­F IE, DIE WETENSKAP VIR GROEI, OF NUTRILOGIE®, IS GEVOLGLIK OP HIERDIE KULTUUR GEBOU. D it behels veel meer as net kunsmisverkope en is ‘n omvattende model van belegging, verhoudings, navorsing, gehalte produkte en dienste, sowel as ‘n onwrikbare verbintenis tot die landbou. Die Strategiese Landboukundige Dienstedepartement ontwikkel voortdurend maniere om voedingstof- en waterverbruiksdoeltreffendheid te verbeter, asook die kwanti­ fisering van risiko’s vir verbeterde besluitneming, tot voordeel van die kliënt. Daarom het Omnia onlangs sewe boeredae regoor die land gehou ten einde sy navorsing en kundigheid aangaande die belangrikheid van swael as deel van gebalanseerde plantvoeding met kliënte te deel. Die wêreld gebruik ongeveer 55 miljoen ton swael in kunsmisvervaardiging (International Fertilizer Industry Association (IFA), 2015). Ongelukkig beland slegs 10 miljoen ton daarvan in landbougrond (The Sulphur Institute, 2010). Drie-en-negentig persent swael word as swaelsuur gebruik, meestal in die vervaardiging van fosfaatkunsmis, waarvan die swael-byproduk dan uiteindelik op gipshope beland. Daar was tot en met 2010 ‘n bestendige afname in swaelverbruik vir landboukundige doeleindes, maar sedertdien het die wêreldverbruik toegeneem. As die huidige gewasbehoefte aan swael bereken word, wil dit voorkom of daar ‘n wêreldwye behoefte van omtrent 25 miljoen ton swael as plantvoedingselement bestaan. Ongelukkig lyk dit, op grond van huidige tendense, asof daar in werklikheid 12.2 miljoen ton minder swael as kunsmis toegedien word (The Sulphur Institute, 2015). Wat nog meer ontstellend is, is dat die gebruik van swael in kunsmis in Suid-Afrika sedert 2008 amper gehalveer het, terwyl verbruik in die res van die wêreld met 14% toegeneem het. Sonder die swaelbevattende aminosure sisteïen en metionien, asook ander organiese verbindings, sal daar geen lewe wees soos ons dit ken nie. Dit speel ‘n groot en noodsaaklike rol as plantvoedingselement en word dikwels as die vierde makroelement na stikstof, fosfor en kalium beskou weens die uiterste belangrikheid daarvan in plantfisiologie en -metabolisme. Trouens, in die mielie- en sojaboonproduserende gebiede van die VSA word swael as die derde grootste beperkende plantvoedingselement na stikstof en fosfor beskou. Die belangrikheid van swael as plantvoedingstof word tans selfs meer beklemtoon as gevolg van die volgende drie faktore: ••• 1. Die klem op omgewingsbeskerming, veral met betrekking tot die vrystelling van swaelgasse vanaf steenkoolaangedrewe aanlegte, het veral in Europa omvattend verskerp. Die probleem is sedert die vroeë 1980’s drasties aangespreek. Moderne lugsuiweraars verwyder nou sodanige gasse hoogs doeltreffend. Steenkoolaangedrewe kragstasies het in die verlede swael oor landbougrond versprei, maar het ook ernstige besoedeling in die vorm van swaelsuur veroorsaak, wat swael die bynaam van “geel gif ” laat kry het. 2. Die vraag na swael het eksponensieel gegroei as gevolg van hoër opbrengste wat per eenheid landbougrond verwyder word. Vooruitgang in genetiese materiaal en moderne verbouingsmetodes het tot hierdie verskynsel bygedra. 3. Die kunsmisbedryf het, weens verskeie redes, na hoogs gekonsentreerde kunsmisprodukte beweeg wat min of geen swael bevat nie. Klassieke laekonsentrasie produkte soos superfosfaat is skaars in die wêreldmarkte. Voortspruitend uit bostaande, besef Omnia Nutrilogie® die belangrikheid van hierdie plantvoedingselement, vir gewasproduksie asook die voeding van mens en dier. Die maatskappy vervaardig swaelverrykte produkte deur middel van sy chemiese verkorrelingsproses, asook vloeibare kunsmis wat aansienlike hoeveelhede swael bevat. Die swael in hierdie produkte is in sulfaatvorm en onmiddellik plantbeskikbaar. SENWES Scenario • Okt/Nov 2015 41