R UB R IE K
outomaties verseker onder
die Brandafdeling nie (die
werf- of opstalomheining
is egter wel ingesluit by
Afdeling Huiseienaars
of Woonhuisgeboue).
Dit is egter relatief duur
en word normaalweg
slegs die grensdrade en
nie die kampdrade nie,
aangebied vir versekering.
Normaalweg word die heining ook
net vir 50% (vyftig persent) van
die vervangingswaarde verseker,
aangesien koste gewoonlik
met die buurman gedeel word.
Uitsonderings is byvoorbeeld waar
die versekerde ‘n wildsheining
oprig en waar die buurman nie tot
die oprigtingskoste wil bydra nie.
Dit is egter belangrik dat
versekerde heinings behoorlik
in stand gehou word.
• Voer, strooi en hooi - hierdie
is uiteraard ‘n hoë risiko en
word vereis dat die miedens:
• Ten minste 15 m van
mekaar moet wees; en
• Rondom die versekerde
miedens ‘n gebied
van minstens 15 m,
te alle tye vry van alle
brandbare plantegroei
gehou word.
Dit is verder ook belangrik om
kennis te neem dat polisafdelings
ook gereguleer word deur
uitsonderings. So word skade
as gevolg van water aan enige
pomp wat geleë is in of op
enige rivier, spruit of dam of
op die wal van voorgemelde,
uitgesluit van waterskade.
Omvattende dekking op sulke
items kan egter wel verkry word
deur dit te verseker ingevolge
Afdeling Sake Alle Risiko, maar
teen ‘n aansienlike hoër premie.
Lesers wor