Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 4

••• REDA K TE U R SBR I EF DIE BEELD VAN DIE PRODUSENT E en van die belangrikste elemente van die lewe is beeld. Die beeld wat mense van jou of jou industrie het. Waar mens kyk, op televisie, kongresse en oraloor is die beeld van die produsent vandag belangriker as ooit. Beeld word beskryf as ‘n afbeelding of voorstelling, ‘n weerkaatsing as jy wil. Die woord beeld is afgelei van die Engelse woord ‘image’ wat weer van die Latynse woord ‘imago’ (afbeelding) afkomstig is. Ons gaan ‘n tydperk binne waar boerdery en die produsent geweldige veranderinge ondergaan. Waar beeld belangrik is en konstant verander. Dis ook nou tyd vir Nasie in Gesprek en almal gaan weer kiertsregop sit om op die Senwes-geïnisieerde platvorm te kyk na relevante kwessies in landbou wat almal raak. Diegene in landbou is elke minuut van elke dag bewus van die feit dat landbou oor die laaste paar dekades verander het. Wat die afgelope tyd opgeduik het is dat die beeld wat produsente van hulself het, en wat die breër publiek van die sektor het, soms nie dieselfde is. Dit is ook die inspirasie vir die Pieter en Tshepo spotprent. Ons gesels ook met Greg Peterson, ‘n produsent van Kansas in Amerika, oor die 2 beeld van die produsent en hoe hy musiek gebruik om die produsent aan die publiek bekend te stel. Hyself voel dat die gemeenskap nie meer weet wat ‘n produsent doen nie. In kontras met Greg se nuwe manier om hedendaagse liedjies te gebruik om produsente se beeld mee te poets, gebruik ons ook ‘n ou kinderliedjie, Ou Oom Klasie het ‘n Plaas, om die beeld wat die laaste 100 jaar gevestig is, ‘n bietjie te analiseer. Ons kyk ook na Senwes se betrokkenheid by produsentontwikkeling asook landboudienste se betrokkenheid by die SimFini bestuurskursus. Ons nader ook landboustudente Nicola Theron en Wilbri Vorster, wat met hul wen-landboubriewe na Canberra in Australië gereis het om deel te wees van besprekings oor wêreldwye kwessies in landbou. Die fokus val ook op Ventersdorp en die kollig op Tjop Bouwer, een van die produsente in die omgewing. Safex Scenario’s met Susari is ‘n nuwe insetsel en Susari Geldenhuys gaan ons op ‘n gereelde basis meer oor opsies vertel. Om af te sluit, dit is elkeen se plig om te kyk na die beeld van l