Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 33

R UB R IE K is nie gratis beskikbaar nie en word daar ‘n premie betaal vir die reg om die opsie uit te oefen. VOORDELE Wanneer ‘n opsie gekoop word, word ‘n opsiehouer beskerm teen ongunstige prysbewegings, maar kan daar steeds voordeel getrek word uit gunstige prysbewegings. Opsies beperk die opsiehouer se risiko tot die premie van die opsie en is die spesifieke premie ook reeds vooraf bekend. Die volumes wat op Safex verhandel sorg vir likiditeit, wat die opsiehouers in staat stel om opsies relatief maklik te bestuur. Opsies is veelsydig en is uitstekende instrumente vir beide verskansings- en spekulasiedoeleindes, alhoewel dit belangrik is om te besef dat verskillende opsiestrategieë gebruik word om verskillende doelwitte te bereik. Dus is die regte opsiestrategie die sleutel tot sukses. ILLUSTRASIE Om die konsepte en voordele van opsies beter te verduidelik, word gebruik gemaak van ‘n praktiese voorbeeld. Let wel dat dit slegs ter illustrasie is en geensins as finansiële advies gesien moet word nie. Veronderstel die markprys van Julie 2016 witmielietermynkontrakte verhandel tans teen R2 600 per ton. Jan Alleman is bekommerd oor die nuwe seisoen en is redelik oortuig daarvan dat pryse gaan daal teen Julie 2016. Jan beoog om 2 000 ton mielies te stroop teen Julie en na ‘n lang gesprek met sy Safex makelaar of verkryger, neem hy ‘n ingeligte besluit om 1 000 ton mielies te verskans deur gebruik te maak van “put”opsies. ‘n Kwotasie word verkry by die opsieskrywer vir ‘n by-die-geld (dus ‘n trefvlak van R2 600) Julie 2016 “put”-opsie teen ‘n premie van R240 per ton. Nadat Jan ingestem het, koop Jan 10 “put”-opsies (‘n Witmielie-opsiekontrak bestaan uit 100 ton per kontrak) teen ‘n totale bedrag van R24 000 (transaksiefooie word nie in berekening gebring nie). Dus, Jan se totale risiko word beperk tot R24 000, maar kan hy steeds voordeel trek uit opwaartse prysbewegings. Veronderstel Jan se ••• oortuigings was reg en pryse teen 24 Julie 2016 (opsievervaldatum) het met R800 gedaal na R1 800 per ton. Jan se “put”-opsies is nou in-die-geld en sal hy sy opsie uitoefen om eerder sy mielies te verkoop teen R2 600. Dus kry Jan ‘n bedrag van R2 460 per ton (R2 600 – R240) ex-silo vir sy mielies. Indien Jan se oortuigings verkeerd was en pryse styg met R800 na R3 400 per ton, sal Jan se “put”-opsie nou uit-die-geld wees. Dit beteken dus dat Jan nie die opsie sal uitoefen nie en eerder sy mielies in die mark sal verkoop teen R3 400 per ton en ‘n bedrag van R3 160 per ton (R3 400 – R240) ex-silo kry. Die bostaande voorbeeld word grafies geïllustreer in Grafiek A. SLOTKOMMENTAAR Deur slegs ‘n redelike begrip te hê van die bostaande inligting, is u reeds ‘n stappie voor die res. Soos reeds genoem, bestaan daar ‘n wye