Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 23

N UUS ••• SIMFINI BESTUURSKURSUS BY SENWES ‘N SimFini bestuurskursus is op 20 Augustus 2015 vir die eerste keer by Senwes aangebied. SimFini, ‘n produk van Software Farm, is ‘n finansiële boerderybestuursprogram. Die doel van die kursus was om die gevorderde funksies van die program aan bestaande gebruikers te verduidelik om sodoende die program optimaal te kan benut. Die kursus is deur, Ramondé Odendaal, (Streeksbestuurder Landboudienste Noord) aangebied wat baie kennis en ervaring van die program het. Daar was 13 produsente by die eerste aanbieding en almal het dit geniet en baie daaruit geleer. Daar word reeds vanaf September PRODUSENTE EN AANBIEDERS TYDENS DIE SIMFINI BESTUURSKURSUS WAT BY SENWES HOOFKANTOOR AANGEBIED IS. AGTER IS PHILIP MEYER (LANDBOU-EKONOOM HOOFKANTOOR) MET PRODUSENTE EN KURSUSGANGERS MAGIEL DE KOCK, DEON OOSTHUIZEN, BERNARD RAABE, PHILIP GROBLER EN GERT HARMZEN. VOOR IS NOG PRODUSENTE EN KURSUSGANGERS ILSE VENTER, SURIA NEL, CHRISTA OOSTHUIZEN, JANI BRITZ, MAGGIE JANSEN, CHRISTA HARMZEN MET RAMONDÉ ODENDAAL (STREEKSBESTUURDER LANDBOUDIENSTE, NOORDSTREEK). 2015 nog inligtingsessies vir nuwe gebruikers gehou en beginner- en bestuurskursusse sal aangebied word om produsente kenners van die SimFini program te maak. Vir meer inligting rakende SimFini en ander Software Farm programme, kontak Philip Meyer by 018 464 7630/ 084 962 5204 of e-pos hom by Philip. [email protected]. Ons stel bekend KynoPlus™ die stikstofkragbron. Dryf jou gewasse aan met N-hanced-N™, ‘n nuwe kategorie ∑nhanced stikstofprodukte vir verbeterde kwaliteit, opbrengs en wins. KynoPlus™, die eerste produk in ‘n nuwe reeks N-hanced-N™ stikstofdoeltreffende kunsmismengsels. uppe marketing A12783 KynoPlus™: • Word aangedryf deur AGROTAIN®, ’n vervlugtigingsinhibeerder wat stikstofdoeltreffendheid verbeter en dus die beskikbare stikstof in die grond verhoog. • Bied buigsaamheid in toediening. • Verlaag saailingverlies en verbeter aanvanklike gewasgroei. Die krag van blou sit die groen terug in jou gewasse. 011 317 2000 | www.kynoch.co.za Nie handeldrywend in Wes-Kaap. Farmisco (Edms) Bpk h.a. Kynoch Kunsmis Reg nr: 2009/0092541/07 KynoPlusTM is geregistreer as kunsmis groep 1 - K8024 (Wet 36 van 1947)