Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 22

••• HA N D E LSN U U S AREAFOKUS: Hartswater JOU VAALHARTS GRAANVERKRYGINGSPAN: BY VAALHARTS IS JOU DRIE GRAANVERKRYGERS, JOHAN BEY TELL, HELENA POOL EN MARNUS VAN DER MERWE. MARNUS VAN DER MERWE (BUITESTREKE), HELENA POOL (VAALHARTS) EN JOHAN BEYTELL (SENIOR VERKRYGER) HELENA POOL Hoe het jou loopbaan gevorder? Ek het in 1998 aan die Hoërskool Vaalharts in Jan Kempdorp gematrikuleer. In 2000 is ek by Senwes Handel, Jan Kempdorp aangestel, daarna as administratiewe assistent by Senwes se Grondboneafdeling, in 2002 word ek graanverkrygingsassistent in Hartswater en junior verkryger in 2005. Hoe ervaar jy jou werk by Senwes? Dit is ‘n groot voorreg om ‘n lid van die Senwes span te wees. Ek kan met dankbaarheid sê dat Senwes agter my staan. Wat doen jy in jou vrye tyd? Met ‘n klompie gesonde en talentvolle seuntjies bly ek maar besig, veral om hulle langs die sportveld te ondersteun. Ons gesin kamp graag en kuier saam met familie en vriende. JOHAN BEYTELL Hoe het jou loopbaan gevorder? Ek het in 1990 gematrikuleer aan Hoërskool Hartswater. Ek het ‘n Grondkunde-diploma by die Pretoria Technikon verwerf en met studies by die LNR in 20 Pretoria begin. Ek het in 1996 in Vaalharts begin boer en is in 2007 as graanverkryger by Senwes aangestel. Hoe ervaar jy dit om vir Senwes te werk? Daar is min dinge so bevredigend soos om finansieel ‘n bydrae tot ‘n boerdery te maak. Jy word deel van die produsent se lewe. Die blydskap as ‘n produsent vir jou vertel dat hy sy beste mielie-opbrengs nog ooit gehad het - dis ‘n belewenis. Wat is vir jou belangrik in jou werk? Vir my is dit baie belangrik om te kan ontwikkel en te groei en ‘n dinamiese en sterk bestuurspan te wees. Wat doen jy in jou vrye tyd? Aangesien ek deeltyds boer gaan baie van my vrye tyd daarin. Ek jag graag in die winter, speel gholf en vang ook vis en het al kompeterend skyfskiet beoefen. Ek het twee seuns wat graag aan sport deelneem en ek en Okt/Nov 2015 • SENWES Scenario my vrou spandeer ons vrye tyd gewoonlik langs die sportveld. MARNUS VAN DER MERWE Hoe het jou loopbaan gevorder? Ek het in 1996 gematrikuleer aan die Hoërskool Hartswater. Ek het by Senwes Grondbone in Hartswater begin werk en word bevorder tot bestuurder in 2002. Ek is in 2004 by Greenbridge as graanbemarker aangestel en in 2011 as junior verkryger in Vaalharts. Hoe ervaar jy dit om vir Senwes te werk? Dit is ‘n voorreg. Aangesien ons baie plaaslaaie doen, is dit ook net makliker dat ons ons eie vervoerafdeling het om die graan na ons silo’s te neem. Wat is vir jou belangrik in jou werk? Een van die belangrikste punte is om gemoedsrus van werksekerheid by Senwes te hê. Bo alles is dit belangrik om goeie klantediens te lewer. Wat doen jy in jou vrye tyd? Slaan ‘n paar balle op die gholfbaan, hoewel dit nie meer so baie gebeur met die kleinding wat daar is nie. Ons skiet ook so nou en dan teiken en braai en kuier saam met familie of vriende. Wat maak Vaalharts Verkryging nou uniek volgens die drietal? Verskillende gewasse word in die Vaalharts gebied geproduseer. Daar is ook baie gewasse wat Senwes nie hanteer nie, maar waaroor jy as verkryger ingelig moet wees ten opsigte van winsgewendheid en produksiekoste. Vaalharts is ‘n unieke gemeenskap en huisves ‘n groot aantal besproeiingsboere in ‘n klein area.