Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 18

••• A REA F O K U S REËNVAL Die dorpie kry so ongeveer 470 tot 570 mm reën per jaar, met Rysmierbult en Modderfontein wat gewoonlik so bietjie meer (100 mm) as die ander gebiede ontvang. WILDSBOERDERY Aanpasbaarheid is ook ‘n woord wat hier toepaslik word wanneer mens besef dat baie van die produsente ook met wildsboerdery as bedryfsvertakking begin het. VENTERSDORP SILO Die Ventersdorp silo, met ‘n ellelange ry van 34 buise in totaal, is in die hande van silobestuurder Bertus du Preez. Dit is ‘n groot silokompleks wat jy sommer dadelik gewaar wanneer jy die dorpie binnekom. 16 Die silokompleks bestaan uit 34 buise, wat 30 buise van tussen 5 000 ton en 7 400 ton elk insluit en vier buise van tussen 920 en 980 ton elk, met ‘n totale kapasiteit van 180 000 ton. Die silospan by Ventersdorp is ook baie bekwaam en bestaan uit die hulpsilobestuurder, Henk van der Sandt, kontrolebordbedieners Petrus Mapitswane en John Morei, lokomotiefdrywers Jonas Dhlamini en Elec Ngcikwa, trekkeroperateur Ruben Ntwagae, monsternemer en masjienbediener April Nche en algemene werker Albert Dlamini. HINTERLAND TAK Reg oorkant die silo is die Hinterland tak, waar De Wet Pretorius as die nuwe takbestuurder aangestel is. Die Hinterland tak in Okt/Nov 2015 • SENWES Scenario Ventersdorp het 31 personeellede wat saam met De Wet ‘n gedugte span vorm. Die span bestaan uit Rudi Brits (skakelbordoperateur), Ziska Labuschagne (verhoudingsbestuurder), Chirese Waterson en Cathy du Plessis (verkoopsklerke), Martha Kanaomang (ontvangsklerk), Jim Setlhafuno (ontvangshulp), Evelina Modise (kassier) en Daniel Rammekwa (rakpakker). Die onderdeleafdeling bestaan uit Neels Meyer (onderdelebestuurder), James John (ontvangsklerk), Candice Harmse (administratiewe klerk) en Henk van Deventer, Jaco van Wyk en Elvin Baitsewe (verkoopsklerke). Die werkswinkel bestaan uit Reghardt Strydom (werkswinkelbestuurder), Annalien Steyn (werkkaartklerk), Paul Cornelius