Senwes Scenario Oktober / November 2015 - Page 14

••• ••• N UUS Ken jou CertiSure Makelaar – Jeanette Lourens WAT DOEN JY BY CERTISURE? Ek is makelaarsassistent by CertiSure se Ventersdorp tak en hanteer ook die Oberholzer tak. My take behels alles wat met korttermynversekering te doen het. Ek hanteer persoonlik die hernuwings, kwotasies, wysigings, eise en nuwe besigheid. HOE HET JOU LOOPBAAN GEVORDER TOT NOU? WAAR IS JY GEBORE EN HET JY GROOTGEWORD? Ek het in 2013 by IP Makelaars as eiseklerk begin werk en het vroeg in 2014 die CertiSure kantoor in Ventersdorp begin diens. Ek is gebore in Ventersdorp en het ook grootgeword in Ventersdorp. WAAR HET JY SKOOLGEGAAN: LAER- EN HOËRSKOOL? Laerskool en Hoërskool Ventersdorp WAT WAS JOU PLANNE NA SKOOL EN HOE HET JY DIE PLANNE UITGEVOER? My planne na skool was om te gradueer en dadelik te begin werk. Ek het na skool by NWU Pukke studeer en my Graad in B.Com Bemarking verwerf. Na my studies het ek in Bloemfontein vir ‘n tydperk gewerk as verteenwoordiger by ‘n internasionale maatskappy, waar ek waardevolle ondervinding opgedoen het. Daarna het ek na Ventersdorp verhuis waar ek vir dieselfde maatskappy die Noordwes en Gauteng areas gediens het. My paaie het in 2013 met IP Makelaars gekruis en het ek daar in die versekeringsmark begin werk. HOE SIEN JY JOU TOEK