Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 13

KO LLIG ••• Dis ook nie net werk wat op die plaas gebeur nie, soos sy boot en jetski wat langs die trekkers staan, getuig. WILD AS ‘N VERTAKKING Tjop vertel dat wild as boerderyvertakking ook hier in Ventersdorp ‘n gewilde bedryf is. Hierdie tendens het oor die afgelope paar jaar begin en hyself het verlede jaar ingespring en met wildsboerdery begin. Tjop wys my trots al sy blouwildebeeste, gemsbokke, koedoes, njalas, rooibokke en springbokke soos ons deur sy 130 ha wildskamp ry. Hy is egter nog in die beginstadium en het sowat 90 stuks wild in die kamp, of soos hy dit stel “waarmee hy tans speel”. Hy gebruik die strook bome en koppie wat oor sy plaas loop baie effektief en dit lyk kompleet soos bosveldwêreld hier in die hartjie van die Noordwes. Op my pad terug besef ek dat boerdery in dié gebied, soos in baie ander gebiede, aangepas het by nuwe tendense, maar terselfdertyd ‘n juweel is wat nog waarlik ontgin moet word, veral met betrekking tot wild. Jou ou persepsie van die dorpie en die produsente in die omgewing kry sommer ‘n nuwe kleur. Doen jouself ‘n guns, draai af, kyk en verander jou persepsie oor die omgewing en sy mense. SENWES Scenario • Okt/Nov 2015 11