Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 12

••• KO L L I G FILOSOFIE ‘n Plaas is vir Tjop soos enige beroep - ‘n groot besigheid waar met baie geld gewerk word. “Mens moet konserwatief wees en meer wins maak. Mens koop nie jou oes nie,” waarsku Tjop. MEER OOR SY BOERDERY ‘n Groot deel van sy boerdery behels beeste en hy boer met sowat 900 Simbras en Bonsmaras. Nou, direk na die winter en met die naderende somer om die draai, is hier duidelik nog baie mieliereste, soos ek ook in die verte kan sien. Die beeste kom nader wanneer Tjop die Toyota se toeter druk 10 – hulle weet dis voertyd. Die paadjies waarop hulle loop lyk kompleet soos ‘n landloopbaan so tussen die mieliereste deur. WERKERS Tjop boer met die hulp van 16 werkers, wat sy plaasbestuurder, Anton Meyer, en Willem Bouwer insluit, asook sy seun Boeta, die vyfde generasie boer op hierdie plaas. Oor sy werkers vertel Tjop dat hy en sy werkers interafhanklik van mekaar is. Baie van die werkers werk al 30 jaar hier. Elektrisiteit word aan hulle verskaf en daar is ook ‘n busdiens wat die werkers se kinders na Okt/Nov 2015 • SENWES Scenario die nabygeleë plaasskool, wat sowat 6 km ver is, vervoer. “Plaaswerk is maar soos enige werk. Soos die werkers hulself bewys, beweeg hulle op.” TJOP OP PERSOONLIKE VLAK Tjop is ‘n Bloubul-ondersteuner en hou baie van visvang. Soos ons na die stalle stap, kan jy sien dat Tjop ‘n agtermekaar boer is. In die store word alles logies gegroepeer. Al die groot implemente is in een stoor, die trekkers in ‘n ander en die res in nog ‘n ander stoor. Selfs die onderdele is ook netjies onderdak in rye gepak wat beteken dat Tjop dadelik ‘n ding sal kry waarna hy soek. Tjop het ook ‘n sin vir humor en verwys laggende na al die kleure van sy implemente: “Ek het maar ‘n smartieboks vol implemente” verduidelik hy. Hy het juis die smartieboks met nog ‘n paar John Deeres aangevul.