Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 10

••• KO L L I G Bou, Bouwer, LANDBOU AUBREY KRUGER LANDBOU IS T.T., OFTEWEL THEUNS BOUWER, SE LEWE. IN HIERDIE NOORDWES DORPIE VAN VENTERSDORP KEN ALMAL HOM AS TJOP. S 8 oos ek afdraai op die Leeuwfontein grondpad, wat die area tussen Ventersdorp en Potchefstroom so te sê perfek halveer, besef ek hierdie is beesen mieliewêreld. By die plaas weet ek ek is op die regte plek met die John Deere plaasnaambord wat duidelik aandui dat dit nou T.T. Bouwer en Seun se grond is. Tjop boer, soos baie ander produsente in die omgewing, hoofsaaklik met mielies, sonneblom en dan natuurlik met beeste. Sy plase is by Syferfontein in die Ventersdorp distrik, so 25km uit die dorp, en ook reg teenaan die Potchefstroom distrik geleë. PLASE Tjop, die laatlammetjie wat eers 18 en 20 jaar onderskeidelik na sy broer en suster gebore is, boer op talle plase met Sterkstroom, Kaalfontein en Modderfontein die grootstes. Sy plase beslaan sowat 5 300 ha met ‘n bykomende 2 000 ha wat hy addisioneel huur. Hy plant normaalweg sowat 3 200 ha. Soos ons met sy Toyota Land Cruiser deur sy plaas ry, vertel hy dat hulle juis nou gereed maak vir planttyd en word kalk tans gestrooi en die lande voorberei. Die werkers is oral besig om gereedskap reg te kry vir die komende seisoen. FAMILIE Tjop is ‘n vierde-generasie boer in die omgewing. Sy pa, ook Theuns Bouwer, het hier geboer en die plaashuis waar hy grootgeword het staan net duskant die huis waar hy tans woonagtig is. Die familie is trotse produsente. Al die kinders is in boerdery betrokke. Sy suster, Anna Hattingh, is met ‘n produsent van die omgewing, Dirk Hattingh, getroud en hulle boer op Tweelingsfontein. Sy broer, Willem, boer op Leeuwfontein. DIE KOMENDE SEISOEN Hy praat oor die naderende seisoen en met die voorspelde reënpatrone in jou agterkop, moet mens die risiko maar probeer verminder. Tjop dink dat hy miskien meer sonneblom vanjaar sal plant. Hy wil ook die plantestand van 23 000 plante per ha na 20 000 verminder, “sodat hulle minder vir vog baklei”, verduidelik hy. SENWES SY STEUNPILAAR “As dit by boerdery kom, is Senwes waarlik ‘n steunpilaar Okt/Nov 2015 • SENWES Scenario vir my. Ek doen maar eintlik alles deur hulle. Soveel so dat ek al van 1982 ‘n lid van Senwes is. Jy kan maar rondvra, ek is baie lojaal teenoor Senwes.” Die helfte van sy lenings is ook by Senwes Credit en hy doen ook sy haelversekering deur Cer T