FINANCES
Die impak van huweliksbedelings
op koop- en verkoopreëlings
Deur Lucas Coetsee
Liberty Regspesialis
HUWELIKE IN GEMEENSKAP
VAN GOEDERE
Toestemming tot die koop- en
verkoopooreenkoms
D
ie huweliksmaats het elk hul eie
100% onverdeelde aandeel in
die hele boedel. Dit beteken
dat die vrou (byvoorbeeld) net
soveel die eienaar van die man se aandele
is, soos wat hy is. Dit is van kritiese belang
dat sy skriftelik toestem tot die koop- en
verkoopooreenkoms ingevolge artikel 15
van die Wet op Huweliksgoedere, want as
sy dit nie doen nie, en hy wegval, kan dit
’n hindernis skep om die bepalings van die
koop- en verkoopooreenkoms daadwerklik
af te dwing.
HUWELIKE IN GEMEENSKAP VAN
GOEDERE OF HVK
Die nie-besigheidseienaargade sterf
sonder ’n testament of bemaak al die
bates van haar boedel aan ’n derde party
Veronderstel man en vrou is getroud
GVG (Gemeenskap van Goedere). Hy is
’n aandeelhouer in ’n maatskappy en sy
aandele is R10 miljoen werd. Hulle het
ander bates, maar die grootste deel van
die welvaart word verteenwoordig deur
68
SENWES SCENARIO | SUMMER 2018
hierdie aandeelhouding.
Wat gebeur as die vrou sou sterf en sy
het nie ’n geldige testament gehad nie, of
as sy haar deel van die boedel byvoor-
beeld nalaat aan haar kinders wat uit ’n
vorige verhouding gebore is?
As sy geen testament gehad het nie,
sal haar boedel (wat uit hul gesamentlike
boedel bestaan, insluitende “sy” besig
heidsbelang) deur middel van intestate
erfopvolging in gelyke dele aan hom en
haar nasate oorgedra word, mits hy mins
tens R250 000 kry. Hulle kinders kon
moontlik eienaarskap van ’n deel van die
man se aandele verkry. Stel jou voor wat
sy mede-aandeelhouers se verrassing (en
ontsteltenis!) sal wees.
As sy ’n geldige testament gehad het,
maar alles of ’n gedeelte van haar boedel
word aan haar kinders nagelaat (die risiko
van hierdie gebeurtenis is die grootste
waar die kinders uit ’n ander verhouding
gebore is), dan kan presies dieselfde ding
gebeur.
As ons dieselfde stel feite hierbo aan-
vaar, behalwe dat die partye met HVK
getroud is (en die aanwas nie uitgesluit
is nie), sal die gebrek aan ’n testament
of indien die nie-besigheidseienaargade
geheel of gedeeltelik haar aandeel in die
aanwas aan iemand anders as haar man
nalaat, kan dit dieselfde rampspoedige
gevolg hê. Weereens kan die besigheids
eienaargade homself in ’n posisie bevind
waar hy finansiering moet verkry om sy
kinders/stiefkinders uit sy eie besigheid
te koop!
HOE SPREEK JY DIÉ PROBLEME AAN?
• Verseker dat die gade ’n geldige testa-
ment het;
• Die gade het ’n reg op testeervryheid
en kan haar boedel bemaak aan wie
sy behaag. Maak seker dat die besig
heidseggenoot voldoende likiditeit het
om haar erfgename uit te koop, indien
nodig;
• In die geval van GVG kan u ’n een-
sydig koop-en verkoopooreenkoms
tussen die gades oorweeg, waar sy
saamstem om haar belang in die
besigheid aan hom te verkoop, wat
dan sal verseker dat daar kontant in
haar boedel is om die erfgename te
betaal;
• Indien getroud HVK, kan u oorweeg
om die besigheid en alle toekomstige
groei in die besigheid van die aan-
was uit te sluit. Dit sal van toepassing
wees op daardie sake-eienaars wat ’n
huwelik oorweeg (te laat vir diegene
wat reeds getroud is). Om te verseker
dat die nie-besigheidsgade nie ernstig
benadeel word nie, mag u ’n bedrag
geld of ander bate aan haar skenk om
die speelveld te balanseer.