Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 6

NUUS

Nasie in Gesprek

@ Nampo 2018

’ n Oorsig deur die Hoofredakteur by die Nampo Oesdag 2018

Die sesde Nasie in Gesprek by die Nampo Oesdag is goed opgesom deur Theo Vorster , reeksaanbieder , wat gesê het dat “ die gesprek gesentraliseer is en dat buitensporige menings begin verdwyn het .” Dit is duidelik gedemonstreer tydens die tweede sessie op dag 1 , getiteld Politieke Perspektiewe . ’ n Paneel bestaande uit Cope leier Mosiuoa

Francois Strydom en Agri SA se Dan Kriek vereer Evert du Preez en Mokoni Chaka .
Lekota , AfriForum se HUB Kallie Kriel , DA Hoofsweep John Steenhuisen , voormalige Minister Roelf Meyer en Moeletsi Mbeki , ’ n politieke analis en besigheidsman . Die sessie is gelei deur professor Nick Binedell , stigterslid van die GIBS Besigheidskool .
ONTEIENING VAN GROND SONDER VERGOEDING Gegewe die diverse politieke sienings van die paneel , was niemand verbaas dat die bespreking driftig geraak het nie . Met betrekking tot die kwessie van grondonteiening sonder vergoeding , het Mbeki amper ligsinnig voorgekom toe hy die stelling maak dat hy glad nie bekommerd is daaroor nie . “ Dit gaan glad nie oor grond nie , dit gaan oor die ANC wat blanke mense as sondebokke wil gebruik vir hul gebrek aan dienslewering . Dis alles polities gedrewe !” Kallie Kriel het gesê dat “ dit dieselfde argumente is wat gebruik is toe Mugabe aan bewind gekom het in Zimbabwe , wat beteken dat ons as organisasie die regering se beleid oor
Hier is Kallie Kriel , Moeletsi Mbeki , Roelf Meyer , Mosiuoa Lekota , John Steenhuisen en Nick Binedell . grondonteiening ernstig moet opneem ”. Nog ’ n perspektief is gedeel deur KZN jongboer Anthony Goble , toe Andile Khumalo , wat die laaste sessie op Vrydag 18 Mei , getiteld “ Hoe sien die jeug landbou in SA ”, behartig het , die vraag aan hom gestel het of hy bekommerd is oor grondonteiening sonder vergoeding . “ Ek is glad nie bekommerd daaroor nie omdat die president ( Ramaphosa ) gesê het dat geen plase gekonfiskeer sal word indien dit ’ n negatiewe impak op die land se voedselsekuriteit sal hê nie .”
Roelf Meyer , met jare se ondervinding as politikus en onderhandelaar , het die volgende stelling gemaak : “ Mbeki is dalk reg , maar ek dink nie die grondkwessie sal verdwyn voor of ná die verkiesing nie , omdat die grondkwessie gekoppel is aan ongelykheid en die ongelykheidsituasie eintlik vererger het .”
DIE JEUG IS DIE TOEKOMS Dit was verblydend om ’ n gehoor van jong skoliere tydens die finale sessie te sien , wat deur Francois Strydom , Senwes Groep HUB ingelei is . Hy het hulde gebring aan Mokoni Chaka en Evert du Preez , helde van die Hennenman treintragedie en sterre van die nuwe Senwes advertensie . Een jong seun , ’ n wit leerling van ' n skool in Kroonstad , het ’ n ongemaklike vraag ge - stel oor regstellende aksie . “ Hoe moet ons werk in die landbouwaardeketting kry as maatskappye net swart mense aanstel ?" het hy met groot kommer gevra .
Politieke analis en News24 skrywer , Mpumelelo Mkhabela , het gesê dat dit jammer is dat dit die reaksie is wat hy in die arbeidsmark kry en het voorgestel : “ Hoekom werk julle nie saam of sluit vennootskappe met swart eweknieë nie , of sluit by georganiseerde landbou aan en benader die kwessie gesamentlik .” Dit was duidelik uit die seun se reaksie dat dit inderdaad ’ n nuwe opsie vir hom was .
4
SENWES SCENARIO | WINTER 2018