Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 57

GRAANMAKELAARS 52 | Markeffektiwiteit aan die produsent uitbetaal en sodoende word kontantvloei gegeneer, hoewel so ‘n strategie opsiekoste het. ➌ Call-opsies Die produsent verkoop sy tonnemaat en vervang die tonne met call-opsies. Daar is ’n koste aan hierdie opsies (opsiepremie) verbonde, maar met die voordeel dat hierdie koste ook die maksi­mum verlies is, indien die mark sou daal. Mielies Daar word ’n relatiewe sywaartse mark ten opsigte van mielie­pryse verwag, met pryse wat ondersteuning kan kry in periodes waar uitvoere fluks plaasvind, maar ook weer onder druk kan kom indien die vraag na mielies by tye afneem. (Vir ’n seisoenale beweging, sien Grafiek 1). Dit is dus hier belangrik om na die koste van strate­ gieë te kyk. Die moontlike opsies wat hier gebruik kan word, is: ➊ Termynkontrakte Hierdie tipe kontrakte word meestal in ’n eie makelaarsreke­ ning gedoen. ’n Produsent gebruik van die opbrengs op graanverkope om in ’n makelaarsrekening te sit en termyn- kontrakte (Eng:futures) terug te koop. Die voordeel is hier dat mar­ges beter bestuur kan word en dat posisies ingeneem en ont­ruim kan word, om sodoen­de voordeel uit verwagte pryssty- gings en -dalings te kry. ➋ 3-rigting strategieë Hierdie strategieë word weereens in ’n eie makelaarsrekening gedoen. Die strategie word so opgestel dat die koste laag is, wat beteken dat ’n relatiewe klein styging in pryse steeds kan lei tot ’n wins. Die strategie het wel ’n maksimum inkomste wat gegenereer kan word en indien die mark drasties sou daal is daar addisionele risiko. Die strategie is geskik vir sywaartse markte, maar die risiko verbonde daaraan moet goed verstaan word. OPSOMMEND Daar bestaan geleenthede om, ten spyte van lae pryse, steeds inkomste by te voeg deur middel van strategieë wat na fisiese lewe­ring geïmplementeer word. Hierdie inkomste is, veral in die huidige seisoen, inkomste wat ’n wesenlike bydrae tot wins- gewendheid kan maak. U word uitgenooi om die kundigheid van Senwes se graanbemarkingsadviseurs en makelaars te benut. 2003 getoets. Beide studies het bepaal dat dit nie moontlik was om ’n bo-gemiddelde opbrengs op kapitaal te realiseer in hierdie markte nie; veral nie wanneer die koste van ver- handeling in ag geneem is nie. ’n Meer onlangse studie deur McCullough (2010) het ook meer in diepte met meer data tot beskikking van die studie ’n volledige herevaluasie van witmie- liemarkeffektiwiteit gedoen. Resultate het bevestig dat mark- pryse onafhanklik van vorige markpryse vorm en dienooreen- komstig beïnvloed word deur markdeelnemers se interpretasie van nuwe markinligting. Die vraag is dus nou of hierdie resultate sommer net so aan- vaar moet word? Die eerste teenargument sal sekerlik wees dat dit ’n realiteit is dat alle beskikbare markinligting nie te alle tye vir almal bekend is nie. As ’n voorbeeld word plaaslike inligting oor in- en uitvoere eers werklik gerapporteer sodra dit realiseer terwyl hierdie inligting dalk reeds bekend kon wees aan spe- sifieke rolspelers in die mark wat die inligting tot hul voordeel kon benut. Die tweede argument sal dan wees dat hulpmiddels soos tegniese analise, wat gebruik maak van historiese data om tendense te bepaal, totaal nutteloos sal wees. Die literatuur oor tyd ondersoek hierdie aspekte, onder andere deur ’n magdom van navorsing wat bewyse teen en ten gunste van markeffek­ tiwiteit bevind het. Dit blyk dus of daar eintlik nog glad nie uitsluit­sel is oor die teoretiese aspekte van prysvorming nie, wat nog te sê van die implikasie op prysvorming indien markte wel nie effektief is nie. Die realiteit is egter dat beide aanhangers en teenstanders van markeffektiwiteit oor tyd moes terugstaan en die ander party se punt insien. ’n Middewegsamevatting kan dien- ooreenkomstig as volg gemaak word: Markte wat soos die JSE landbouproduktemark oorwegend likied is en soos die spesifieke navorsing bewys, oorwegend reageer na aanleiding van nuwe inligting, bied wel ’n effektiewe platform aan rolspe­ lers om prysbestuur toe te pas. Daar kan egter tye wees wat die mark deur fases van laer vlakke van effektiwiteit beweeg wat wel deurlopend reggestel word deur die markmeganisme. Hoe vinniger die regstelling plaasvind, hoe meer effektief is die mark. Die volgende logiese uitvloeisel sal dus wees om te bepaal wat die beste of meer optimale benadering moet wees wanneer prysbestuur toegepas word in ’n mark wat wel deur fases van laer effektiwiteit kan beweeg. Ons kyk in die opvolg­ artikel na moontlike verskansingstrategieë, asook sekere beginsels van verskansing wat ’n mens te alle tye in gedagte moet hou. SENWES SCENARIO | WINTER 2018 55