Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 54

GRAANMAKELAARS Markeffektiwiteit In die vorige uitgawes is aandag gegee aan verskillende verskansings- of bemarkings­ alternatiewe, asook die faktore wat ’n produsent se verskansingbesluite sal beïnvloed. In hierdie artikel kyk ons na wat die navorsing oor markeffektiwiteit bevind. Deur Frans Dreyer D ie konsep “markeffektiwiteit” vorm die fondasie waarop sekere aannames oor prys­ vorming in ’n mark gegrond word. Navorsing oor markeffektiwiteit is reeds sedert die draai van die 20ste eeu ’n konsep waarmee analis­te en akademici gekonfronteer word in die finansiële wêreld. Eugene Fama het in 1970 die Effektiewe Markhipotese saamgestel, wat die beginsel van mark­effek­tiwiteit formeel as volg saamgevat het: ’n Effektiewe mark is een waar die markprys al die beskikbare inligting te alle tye ten volle reflekteer. Dit beteken eenvoudig dat alle markdeelnemers sal poog om die markprys onmiddellik aan te pas na ’n nuwe markewewigsprys op grond van die verwagte impak van nuwe markinligting. Hierdie verwagte impak op grond van die nuwe inligting kan egter verskil tussen die rolspelers. Die aksies van markdeelne- mers sal gewoonlik gebaseer wees op ’n 52 SENWES SCENARIO | WINTER 2018 winsmaksimerende beginsel en hul besluit om te koop of te verkoop sal afhang van hoe elke rolspeler die huidige markprys waardeer, relatief tot die intrinsieke of fundamentele waarde van die onderlig- gende graan of oliesaad. Verskillende markdeelnemers sal waarskynlik nie dieselfde markanaliseproses of waar- dasiebeginsels volg nie, wat beteken dat berekeninge oor die nuwe regverdige of markewewigswaarde na gelang van die nuwe inligting sal verskil. Die gevolg hier- van is dat ko­pers en verkopers mekaar in die markruimte ontmoet en dienooreen- komstig ’n nuwe ewewigsprys in die mark bewerkstellig. Rolspelers wat egter uit ʼn produksie- of verwerkingsoogpunt beïnvloed word deur die heersende markewewigsprys, vra egter gereeld die vraag of die prys ’n regverdige weerspieëling van vraag en aanbod is. Eenvoudig gestel, word die prys nie dalk gemanipuleer deur “groter” rolspelers in die mark tot hul eie voordeel nie? Ten opsigte van die Safex mark is heelwat navorsing gedoen sedert die ontstaan van die