Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 52

FINANSIES

Noodsaaklikheid van behoefte-analises

Raymond Peters het pas ’ n huis in Houghton van R12 miljoen gekoop . Raymond versoek die finansiële beplanner vir verbanddekking van R12 miljoen , gesedeer aan die bank , in geval van afsterwe . Raymond verseker die finansiële beplanner dat hy nie ’ n behoefte het aan ’ n volledige finansiële behoefte-analise ( FNA ) nie . Raymond is die finansiële direkteur van The Professionals ( Edms ) Bpk .

Die finansiële beplanner verkoop aan Raymond ’ n polis , soos volg gestruktureer : Poliseienaar , -betaler en lewensversekerde : Raymond Peters , met kollaterale sessie aan die bank . Begunstigde : Raymond se gade
Dit word aan Raymond verduidelik dat wanneer die sessie aan die bank beteken word , die bank betaal sal word , maar as die sessie opgehef word , beteken dit dat sy gade as begunstigde , geen boedelbelasting hoef te betaal nie . Raymond is tevrede met hierdie reëling .
Wanneer dinge begin uitmekaar val Drie jaar later sterf Raymond in ’ n motorongeluk . Nou word dit duidelik dat , sonder ’ n FNA , Raymond die bedrag van dekking wat hy nodig gehad het om sy boedel te beskerm , erg onderskat het .
Die finansiële direkteur van The Professionals ( Edms ) Bpk , wat Raymond was , ook ’ n aandelebelang van 34 % in die maatskappy gehad het . Die maatskappy het aanvangskapitaal benodig en Raymond het gesamentlik en afsonderlik , tesame met die ander twee aandeelhouers , borgskap geteken vir die maatskappyskuld .
Sy weduwee werk nie en het hulle
saam twee minderjarige kinders , uit ’ n vorige verhouding , het Raymond ook ’ n ouer minderjarige kind , Jack vir wie hy wettiglik aanspreeklik was vir onderhoud .
Die lewensdekking van R12 miljoen is aan die bank uitbetaal .
Die finansieringshuis wat die maatskappy se skuld gehou het , het besluit omdat Raymond ’ n sleutelpersoon was , hulle nie meer vertroue in die lewensvatbaarheid van die onderneming het nie . Die lening is opgeroep en ingevolge die borgskapooreenkoms , die volle bedrag direk teen Raymond se boedel geëis . Raymond se eksekuteur sal die verskil van die oorblywende aandeelhouers moet verhaal of andersins ’ n regresreg hê teen die maatskappy vir die skuld wat namens die maatskappy betaal is . Hopelik sal die oorblywende aandeelhouers of maatskappy oor voldoende kontant / bates beskik om aan die verpligting te voldoen !
Jack se ma het ’ n onderhoudseis teen Raymond se boedel ingedien .
Die grootste enkele bate in Raymond se boedel was sy aandeelhouding in The Professionals ( Edms ) Bpk , welke maatskappy vinnig waarde verloor het na sy dood , asook die familiehuis . By die lees van sy testament ontdek sy gade , dat Raymond sy bates aan ’ n trust bemaak het .
WATTER BEHOEFTES MOES DIE FINANSIËLE BEPLANNER , BENEWENS DIE VERBANDDEKKING , GEÏDENTIFISEER HET ? Voorwaardelike aanspreeklikheid : ’ n Maatskappypolis vir elk van die borgskappe , verhoog met boedelbelasting , wat gebruik kon word om die skuld te vereffen waarvoor die aandeelhouers borg gestaan het . Dit sou Raymond se boedel sowel as die maatskappy beskerm het .
Koop-en-verkoopreëling : Raymond se mede-aandeelhouers moes ’ n koop-enverkoopooreenkoms , wat deur lewensversekering befonds is , gehad het om Raymond se aandeelhouding uit sy boedel te koop . Dit sou kontant aan sy boedel beskikbaar gestel het vir skuld , uitgawes , belasting , krediteure en sy afhanklikes .
Sleutelpersoondekking : Raymond was ’ n sleutelpersoon in die maatskappy en hierdie dekking sou die maatskappy gehelp het na Raymond se dood .
Boedellikiditeit : Eksekuteursfooi van 3,5 % ( BTW uitgesluit ) van die bruto waarde van sy boedel op die datum van afsterwe .
Kapitaalwinsbelasting - hoogste effektiewe koers van 18 %.
Onderhoudseis deur minderjarige kind . Aanwaseis Boedelbelasting meer as R3,5 miljoen .
Die finansiële beplanner moes ’ n persoonlike finansiële behoefte-analise gedoen het om seker te maak daar is genoeg kontant om die likiditeitsbehoeftes van die boedel te bevredig , asook genoeg belê is , om ’ n inkomste te lewer vir sy gade en kinders .
Aangesien hy sy boedel in ’ n trust wou vestig , moes die finansiële beplanner die trust , die behoefte aan spesifieke onderhoud vir Jack en die behoefte aan likiditeit in sy boedel in ag geneem het .
Noudat Raymond dood is , hoe verduidelik ’ n persoon aan Raymond se afhanklikes waarom die relevante vrae nooit gevra is nie ?
50
SENWES SCENARIO | WINTER 2018