Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 51

JAG BILTONG 22 kg biltongvleis 680 gr growwe sout 1/2 eetlepel growwe swartpeper 1 pakkie koeksoda 1 1/4 koppie pangebraaide gemaalde koljander 1/2 teelepel salpeter 1 eetlepel bruinsuiker. ➊ Meng die speserye met mekaar. ➋ Gooi ’n lagie speserye onder in ’n bak. Pak ’n laag vleis op die speserye. ➌ Sprinkel speserye oor die vleis. ➍ Sprinkel asyn oor die laag vleis. ➎ Pak lae vleis bo-op mekaar tot al die vleis op is. ➏ Draai die vleis om 12 ure later en gooi alle vloeistof weer oor die vleis. ➐ Hang na 12 ure op in ’n goed geventileerde vertrek. ➑ Laat droog na smaak. jou die mag gegee het om ’n lewe te kan neem. Die verant- woordelikheid wat ons saam met dit moet dra, is groot. So ’n groot oomblik wil jagters saam met hulle dra vir ’n lang tyd. Sorg dat jy iets by jou het wat jy die oomblik mee kan vasvang. Dit is net soveel mooier om ’n foto in die veld te neem van jou en jou bok as langs die vleiskamer op ’n sementvloer. Gelukkig is ’n jag nie verby na die laaste skoot geklap het nie. Die bewerking van vleis en die lekker biltong na die tyd is ook deel van ’n suksesvolle jag. Biltong maak is ook ’n kuns wat met oefening beter en beter word. My eerste biltong wat ek gemaak het was op 15-jarige ouderdom. Dit was so sout dat ek alles moes weggooi. Maar soos die jare aangegaan het, het ek ook die jarelange tradisie van hoe om lekker Suid-Afrikaanse wildsbiltong te maak, aangeleer. En nou is die winter nie meer die koue tyd van die jaar nie. Nee, dit is die tyd van die jaar wat die kinders wil gaan kamp, vuurmaak en buite slaap. Dit is die tyd van die jaar wat hulle in die veld wil wees, naby aan die skepping. Maar ook is dit die tyd wat hulle wil biltong maak sodat hulle die lekkerste kosblik by die skool kan hê! SENWES SCENARIO | WINTER 2018 49