Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 45

PRODUSENTFOKUS Buks van Wyk (heel regs) met sy vrou Alet langs hom en hul kinders JJ en Edith links. soms gesê word dat jy nie beeste in jou lande moet injaag om die reste te eet nie. “Maar nadat my seun my gewys het hoeveel gewig hulle aangesit het, het dit my oortuig.” Een ding wat wel die afgelope twee jaar sy kop hier uitsteek is veediefstal. Wat hy wel kan sê oor sy veevertakking: “In droë jare is dit wat my deurdra. Dit is ’n moet om op my plaas te hê, juis omdat ek nie hoë potensiaal grond het nie.” SENWES Hy het vier jaar gelede ’n Senwes klant geword en sy lidnommer gekry waar hy saad, kunsmis asook veemedikasie aan- koop. Hy geniet dit ook om heiningsma- teriaal, pale en droppers asook oorpakke by die tak te koop omdat die tak ook baie goeie pryse teenoor die kompetisie s’n het. Daarop bestaan sy vloot uit vier John- Deere trekkers asook ’n spuit en gebruik hy Senwes Equipment en benut ook Senwes Credit se dienste. Iets wat hy nog wil doen is om meer te wete te kom oor graanverhandeling. PERSONEEL IS SY STEUNPILAAR Buks en sy seun JJ, as vierdegenera- sieprodusent, fokus op die boerdery in geheel. Sy vrou Alet behartig die lone en kontrakte, met sy dogter Edith wat die boeke in orde hou. Verder het hy ook vier voormanne en dertig ander personeel. WILD Jy mag dalk ’n paar blesbokke op sy plaas gewaar, maar dit is meer om hom- self en sy personeel te vermaak, en is dit nie inkomstegenererend nie. Meer oor die diamantbedryf hier • Vroeër jare het dit nagenoeg 100 ton gruis geneem om 1 karaat diamante hier te ontgin. Dit neem tans 100 ton gruis om 0.25 karaat diamante te ont- gin. • Klippe onder 34 mm word verder ontleed en gesorteer. Die res van die grond word terug in gate geplaas vir rehabilitasie. • Flow-Sort X-straal skiet diamante in ’n kluis. • Van die beste kleure diamante word hier gevind. • Meeste van die diamante is bestem vir die uitvoermark. Die res van die diamante word deur plaaslike juweliers aangekoop. • Diamantgronde word armer en diaman- te word al hoe moeiliker bekombaar. Indien jy kry, is dit baie duur. • Wees in jul pasoppens. Plaaslikes Vee en graan behels 50% van Buks se bedrywigheid. probeer hulle geluk om diamante som- mer in die strate aan jou te smous. HOE SIEN HY DIE TOEKOMS HIER? Om nie meer op marginale grond te plant nie en van die lande sal oorgelê moet word. Wat hy ook kan sê is vandat hy diep bewerkings en grondontleding gedoen het en die regte bemesting toegedien het, het sy opbrengste drasties verander. Maar oor sojabone is die jurie steeds uit. Hy sal eers die kat goed uit die boom kyk voor hy dit sal plant. Dit is Buks. ’n Boer wat homself letterlik uit moeilike tye gedelf het. Bou so voort Buks! SENWES SCENARIO | WINTER 2018 43