Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 42

NUUS Senwes is betrokke by die bedryfsorganisasies Senwes vereenselwig homself met trots met sy klantebasis, beide aan die produsente­ kant en ook in die verdere verwerkingsbedryf, sodat ons internasionaal kompeterend kan bly. Om hierdie rede ondersteun Senwes graag die bedryfsorganisasies waaraan sy klante behoort. Senwes is trots om met die Jongboerkomitees van Vrystaat Landbou en Agri-Noordwes geassosieer te word. DIE 2018 AGRI-NOORDWES JONGBOERKONFERENSIE is vanjaar by Uurpan te Schweizer Reneke aangebied. Die interna- sionale motiveringspreker, skrywer en humoris, Gavin Sharpless, het die gehoor behoorlik geboei met sy praatjie oor “Change, Action and Truth” of soos hy dit term, “Chinking”. JP van den Berg is later die aand by die galadinee aangewys as Agri-Noordwes se Jongboer van die Jaar. Die finaliste het ingesluit JP, Gerhard Strydom en Marnus Bothma. VRYSTAAT LANDBOU SE JONGBOERKONFERENSIE is vanjaar op 12 April te Bloemfontein aangebied. By hierdie geleentheid het Friedl von Maltitz van MD Foundation die kon- ferensie toegelig oor gesamentlike boerdery, wat ook die tema van die konferensie was. “Gesamentlike boerdery kan nie al die probleme wat jong landbouers in die gesig staar aanspreek nie, maar dit kan vir hulle ’n manier wees om ’n boerdery te begin of om ’n bestaansboerdery uit te brei” aldus Von Maltitz. Gedurende ’n glansdinee na afloop van die konferensie is Nelius Ferreira van die plaas Grootdraai in die Harrismith distrik as wenner aangewys. JP van den Berg (Agri NW Jongboer van die Jaar) en sy vrou Linné. Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar wenner, Nelius Ferreira, en sy vrou Jomarli. Deur Japie Fransman Senwes Scenario wens vir Nelius en JP baie geluk met hul prestasies en wens hulle ook sterkte toe met die nasionale kompetisie. 40 SENWES SCENARIO | WINTER 2018