LANDBOUKUNDIG
PRODUKSIEVEREISTES
Moontlike opbrengs per hektaar: Een hektaar
koffie lewer 3,5 ton per hektaar.
Klimaatsvereistes: Die ideale temperatuur vir
koffieproduksie in Suid-Afrika is 4 °C to 32 °C,
maar die oes kan temperature wat aansienlike
buite hierdie reeks val, oorleef.
Grondvereistes: Sanderige leemgrond is die
ideale grond. Koffie groei goed in enige tipe
grond indien die klimaatstoestande gunstig is.
Grondvoorbereiding: Grond moet bewerk
word en 'n deeglike grondanalise is belangrik
voor planting. 'n Gelyke saadbed is nodig.
Besproeiing benodig: Hou die grond
klam, maar nie te nat nie. Oorbesproeiing
sal die risiko van swamsiektes verhoog.
Drupbesproeiing en sleepslangbesproeiing
stelsel.
Kunsmis: Hoë voedingsbehoeftes. Kunsmis
moet vier tot agt weke na aanplanting toegedien
word. Stikstof en kalium is die belangrikste.
Plantvereistes: Daar word in die lente geplant
of net voor die reënseisoen. Die uitplant van
saailinge word gedoen sowat ses maande
nadat dit in kwekerybeddings of plastieksakke
gesaai is of wanneer die saailinge sowat 20
cm hoog is, en dit word in die lande geplant.
Voordat die saailinge geplant word, moet gate
gegrou word sodat die grond omgedolwe en
losgemaak kan word.
SENWES SCENARIO | WINTER 2018
39