LANDBOUKUNDIG
Nismark
Koffie
dalk 'n opsie?
Ons gaan voort met ons reeks oor nismarkte en in hierdie uitgawe ondersoek ons
koffieproduksie as 'n moontlike mark vir Suid-Afrikaanse boere.
Deur Kefiloe Manthata
D
ie koffiekultuur groei dramaties
in Suid-Afrika en koffiewinkels
maak oral 'n verskyning. Dit
is dalk nou die beste tyd vir
Suid-Afrikaanse boere om voordeel te
trek uit hierdie groeiende tendens en
die steeds onontginde mark te betree.
Daar is tans net 'n handjievol produsente
wat plaaslik koffie produseer. Nasie in
Gesprek het onlangs een van die boere,
Tim Buckland, eienaar van Sabie Valley
Coffee in Witrivier, Mpumalanga besoek.
Buckland se besluit om koffie te produ-
seer was instinktief. “My belangstelling
in koffie kom van die feit dat ek op 'n
koffieplaas op die oostelike hooglande
van Zimbabwe in die sewentigerjare gebly
het. Toe ek besluit om uit die dolle gejaag
te tree en iets anders te doen, was koffie
die natuurlike keuse.” Kyk na die volledige
episode by (voorsien skakel).
Koffieproduksie in Suid-Afrika het 'n
komplekse geskiedenis. In die verlede
het hierdie arbeidsintensiewe bedryf nie
baie goed gevaar in ons land nie weens
die hoë arbeidskoste en dalende interna-
sionale pryse. Die onlangse opswaai in
koffiekultuur skep egter 'n vraag na goeie
kwaliteit koffiebone wat 'n opening in die
mark sal skep en dit die moeite werd sal
maak vir boere om weer die bedryf te oor-
weeg. Ongeag die hoër vraag, produseer
Suid-Afrika nog nie genoeg koffie om die
Tim en Kim Buckland is die eienaars van Sabie Valley
Coffee en is betrokke in die dag-tot-dag bestuur van
die koffieplantasie by Witrivier in Mpumalanga.
38
SENWES SCENARIO | WINTER 2018
Koffiebone word gebrou vol-
gens spesifikasie.
plaaslike markbehoeftes te bevredig nie.
Daar is twee soorte koffieplante, naam-
lik Coffea Arabica en Coffea Robusta.
Arabica maak 'n geurige, sterk koffie met
'n skerp smaak en 'n lae kaffeïeninhoud,
terwyl Robusta 'n baie hoër kaffeïenin-
houd het en sterker is. Die koffieplant is
'n immergroen struik wat tropiese vrugte
(bessies) dra. Die vrug is die mees
belangrike deel van die plant, aange-
sien die vrug twee sade bevat wat later
gedroog en gemaal sal word om die
geliefde drankie te produseer. Aangesien
daar geen masjinerie is wat die bessies
effektief kan pluk nie, vereis koffieboer
dery 'n groot arbeidsmag en dit is baie
tydrowend.
Koffieproduksie is perfek vir die
Suid-Afrikaanse klimaat aangesien die
oes goed kan oorleef in matige tot hoë
temperature. Dit is egter sensitief vir
watertekorte, wat beteken dat besproei-
ing noodsaaklik is tydens lae reënval.
Alhoewel die plant goed groei in baie
verskillende tipes grond, is sanderige
leemgrond die mees ideale. Koffie het ook
baie hoë voedingsbehoeftes en 'n dee-
glike grondanalise (bl. 14) moet gedoen
word voordat koffie geplant kan word.
Daar is ook ruimte in die koffiewaarde-
ketting vir diegene wat nie die mannekrag
of bronne het om koffieboerdery te bedryf
nie. Benewens die produksie van koffie-
bone, wat koffiebrandery en die maal van
koffie, sowel as die vervaardiging van
kitskoffie insluit, is daar ook ander gebie-
de wat ondersoek kan word.
To watch the full episode, go
to http://fwd2.co/coffee.