Uit die Woord
Daar is ’ n tyd …
ALGEMEEN RUBRIEK
Uit die Woord
Die V-faktor
Junie en Julie is die maande waartydens boerderye op wild en jag , vee en veevoeding konsentreer . Maar tydens die onlangs opening van die nuwe Senwes Equipment takke in die Oos-Kaap , is moontlike dubbelsinnigheid weereens onder my aandag gebring . Soos my hoofredakteur altyd sê , weet altyd wie jou gehoor is .
Vee is ’ n selfstandige naamwoord en boerdery is ’ n algemene term wat verwys na al ons skape en beeste wat op ons plase wei . Maar vra vir ’ n kind wat is vee , dan kom die antwoord duidelik , v is ’ n letter , die 22ste in die alfabet ,… ’ n Engelsman sal sê dit is ‘ vee ’.
Interessant staan die akroniem VEE vir Venezuelan Equine Encephalitis . Dit is ’ n virus wat muskietgebonde is en veral donkies , perde en ook sebras kan tref . Dit tas die sentrale senuweestelsel aan en selfs mense kan deur die virus geaffekteer word .
Die ouer garde sal vir Bobby Vee onthou wat verskeie treffers in Amerika gehad het .
Vir ander is vee weer ’ n werkwoord wat skoonmaak impliseer . Ek vee die vee se stal uit op die maat van Bobby Vee want die goeie fee sal tog nie by my stal ’ n draai kom maak nie . In een sin kan dit jou nogal uitboul .
Dit is die V-faktor . By talente praat sommiges van die X-faktor maar vir my het ’ n produsent verseker die A tot Z-faktor , waarvan vee net een is .
Sterkte met die vee en die voorbereiding vir die 2018 / 2019 sei soen . Ja , kyk vorentoe - moenie dat die huidige faktore jou uniekheid beïnvloed nie .
Veegroete
Daar is ’ n tyd …
Ds . Willie Botha Lees : Prediker 3:1-11
“ EK HET EEN middag , terwyl die herfsblare se pastelkleure duideliker word , besef hoe wonderlik ’ n bladwisselende boom se siklus is . In die somer is blare donkergroen , dit het die vermoë om elke sonstraal te benut . Middel Februarie begin die area rondom die blaarare verkleur en vir die volgende maande word die blaremat onder die boom al dikker . Met tyd word dit tot organiese materiaal afgebreek , wat opnuut die waarde van die grond verbeter . Tydens winter met die felste koue rus die boom en skakel dit in ’ n sekere sin af . Waarskynlik is daar genoeg reserwes opgebou . Teen die tyd is die boom feitlik kaal . Augustuswinde stroop die blare wat dood maar hardnekkig nog aan die takke vasge klou het . Dan kom die laat winter- , vroeë lentehael wat die nodige stikstof vir die groeiseisoen in die grond sit .
Plantkenners moet my waarneming verskoon . Ek was in verwondering oor die manier waarop die natuur sy kanse optimaliseer . Vir die veeboer hou die winter ook unieke uitdagings in . As Angorabokboere onthou ek goed hoe ons die eerste ses weke na skeer elke aand die bokke gaan haal en onderdak gebring het . Hoe ons die weervoorspelling gevolg en elke woord van oom Piet van Rensburg voor die sinoptiese kaart ingedrink het . Baie vroulike diere is in die winter dragtig , en daar moet op hulle kondisie en hantering gelet word . Saam met die winter kom jaarliks unieke voedingsuitdagings . Party jare is droër en soms is ekstra voer nodig . Dit is ’ n goeie tyd om die eksterne parasiete se siklus te breek .
Die Prediker het die waarneming van lewensiklusse wyer ge - trek . Ook in die lewe is daar ’ n tyd vir elke ding onder die son . “ Elke ding het sy vaste tyd , elke ding in hierdie wêreld het sy tyd .” Daar is ’ n tyd om gebore te word , daar is ’ n tyd om te sterwe . Daar is ’ n tyd om te plant , en ’ n tyd om plante uit te trek . In Prediker 3:10,11 vat hy sy waarneming van die lewe saam : 10 Ek het gesien dat God aan die mens ’ n taak gegee het om hom mee besig te hou . 11 God het elke ding gemaak dat dit pas in ' n bepaalde tyd , maar Hy het ook aan die mens ’ n besef gegee van die onbepaalde tyd . Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie .
Winter is vir die veeboer ’ n unieke tyd , ’ n bepaalde tyd , optimaliseertyd . ’ n Tyd waar ons in God se groter , onbepaalde tyd inpas . Dit is nie ’ n tyd om passief te wees nie , maar proaktief . In die naakte eenvoud van winter ontdek ons ook unieke aspekte van ons tyd met God - en God se tyd met ons .
02
SENWES SCENARIO | WINTER 2018
ALGEMEEN
RUBRIEK
Uit die Woord
Die V-faktor
J
unie en Julie is die maande waartydens boerderye op wild
en jag, vee en veevoeding konsentreer. Maar tydens die
onlangs opening van die nuwe Senwes Equipment takke
in die Oos-Kaap, is moontlike dubbelsinnigheid weereens
onder my aandag gebring. Soos my hoofredakteur altyd sê, weet
altyd wie jou gehoor is.
Vee is ’n selfstandige naamwoord en boerdery is ’n algemene
term wat verwys na al ons skape en beeste wat op ons plase wei.
Maar vra vir ’n kind wat is vee, dan kom die antwoord duidelik, v is
’n letter, die 22ste in die alfabet,… ’n Engelsman sal sê dit is ‘vee’.
Interessant staan die akroniem VEE vir Venezuelan Equine En-
cephalitis. Dit is ’n virus wat muskietgebonde is en veral donkies,
perde en ook sebras kan tref. Dit tas die sentrale senuweestelsel
aan en selfs mense kan deur die virus geaffekteer word.
Die ouer garde sal vir Bobby Vee onthou wat verskeie treffers in
Amerika gehad het.
Vir ander is vee weer ’n werkwoord wat skoonmaak impliseer. Ek
vee die vee se stal uit op die maat van Bobby Vee want die goeie
fee sal tog nie by my stal ’n draai kom maak nie. In een sin kan dit
jou nogal uitboul.
Dit i 2F�Rb�f�F�"�'�F�V�FR&B6��֖vW2f�F�R��f�F� ��"f�"ג�WB( ��&�GW6V�BfW'6V�W"F�RF�B��f�F�"�v'f�fVR�WBVV��2�7FW&�FR�WBF�RfVRV�F�Rf��&&W&V�F��rf�"F�R#��#��6V�*�6�V�������f�&V�F�R���V�RFBF�P��V�F�vRf�F�&R��RV�V��V�B&\:��f��V@��R�fVVw&�WFP�G2�v��ƖR&�F���VW3�&VF��W"3���F"�2( ��G�N(
`�( �T��UBTT�֖FFr�FW'w��F�R�W&g6&�&R6R7FVƶ�WW&P�GV�FVƖ�W"v�&B�&W6Vb��Rv��FW&Ɩ�( ��&�Gv�76V�V�FR&��Ч6R6���W2�2���F�R6��W"�2&�&RF��W&w&�V��F�B�WBF�RfW"Ц��:���VƶR6��7G&�FR&V�WB�֖FFV�fV''V&�R&Vv��F�P�&V&��F��F�R&�&&RfW&��WW"V�f�"F�Rf��vV�FR��ЦFRv�&BF�R&�&V�B��FW"F�R&����F���W"��WBG�Bv�&@�F�BF�B�&v�W6R�FW&��fvV'&VV��vB��WWBF�Rv&FP�f�F�Rw&��BfW&&WFW"�G�FV�2v��FW"�WBF�RfV�7FR��VR'W0�F�R&���V�6��V�F�B��( ��6V�W&R6��b�v'6���Ɩ��2F �vV��Vr&W6W'vW2�vV&�R�FVV�F�RG�B�2F�R&���fV�FƖ�����VwW7GW7v��FR7G&��F�R&�&RvBF��B�"�&BЦ�V���r��r�F�RF��Rf6v\*ֶ��R�WB�F����F�R�@�v��FW"��g&�\:��V�FV�V�vBF�R��F�vR7F��7F�bf�"F�Rw&�V�Ч6V�6�V���F�Rw&��B6�B���F�V��W'2��WBגv&�V֖�rfW'6�����V�v2��fW'v��FW&��r��"F�R��W"v&�F�R�GWW"7���6P��F��Ɨ6VW"�f�"F�RfVV&�W"��RF�Rv��FW"���V�V�RV�BЦFv��w2���2�v�&&��&�W&R��F��RV�v�VB��R��2F�P�VW'7FR6W2vV�R�6�VW"VƶR�BF�R&���Rv���V���FW&F�vV'&��r�WB���R��2F�RvVW'f��'7V�Ɩ�rvWf��p�V�VƶRv��&Bf�����WBf�&V�6'W&rf��"F�R6���F�W6P��'B��vVG&���WB�&�Rg&�VƖ�RF�W&R�2��F�Rv��FW"G&rЧF�r�V�F"��WB��V��R���F�6�RV���FW&��rvV�WBv�&B�6��WBF�Rv��FW"����&Ɩ�2V�V�Rf�VF��w7V�FFv��w2�'G��&R�2G&�:�"V�6��2�2V�7G&f�W"��F�r�F�B�2( ��v�V�P�G�B��F�RV�7FW&�R&6�WFR6R6���W2FR'&VV��F�R&VF��W"�WBF�Rv&�V֖�rf��WvV�6���W76Rw�W"v\*�ЧG&V�������F�R�WvR�2F"( ��G�Bf�"VƶRF��r��FW"F�R6���( �VƶRF��r�WB7�f7FRG�B�VƶRF��r����W&F�R|:�&V�B�WB7��G�B�( �F"�2( ��G�B��vV&�&RFRv�&B�F"�2( ��G�B��FP�7FW'vR�F"�2( ��G�B��FR��B�V�( ��G�B����FRV�BFP�G&V����&VF��W"3��fB��7�v&�V֖�rf�F�R�WvP�6ӢV��WBvW6�V�FBv�B�F�R�V�2( ��F�vVvVP��WB������VR&W6�rFR��R�v�B�WBVƶRF��rvV���FBF�B2��v�&W�FRG�B��"���WB����F�R�V�0�( ��&W6VbvVvVRf�F�R��&W�FRG�B�F�r��F�R�V�0�F�RvW&�f�v�Bf�&Vv��F�BV��FR�R&Vw'��R�v��FW"�2f�"F�RfVV&�W"( ��V�V�RG�B�( ��&W�FRG�B��F�Ц�Ɨ6VW'G�B�( ��G�Bv"��2��v�B6Rw&�FW"���&W�FP�G�B��2�F�B�2�R( ��G�B��76�VbFRvVW2�R�� �&��F�Vb���F�R��FRVV�f�VBf�v��FW"��FFV���2����V�V�R7V�FRf���2G�B�WBv�B�V�v�B6RG�B�W@���2� �4T�tU244T�$���t��DU"#�