Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 38

MENSLIKE HULPBRONNE

Werkgewers steeds in duister oor loonverhogings

R
ʼn Nuwe implementeringsdatum vir die Nasionale Minimum Loon Wet is nog nie aangedui nie , wat dit moeilik maak vir werkgewers om tans aan toepaslike wetgewing te voldoen .
Deur Christo Bester

Die Suid-Afrikaanse arbeidsmark word met reg as hoogs gereguleerd beskou . Hierdie siening word beaam in die Wêreld Ekonomiese Forum se Globale Mededingendheidsverslag van 2017 / 2018 en plaas Suid-Afrika 137ste uit 137 lande in terme van samewerking in werkgewer- / werknemerverhoudinge . Oor die algemeen dui die verslag daarop dat be perkende arbeidsregulasies gesien word as een van die mees problematiese faktore by die bedryf van besigheid in Suid-Afrika . Dit is dus duidelik dat dit uiters belangrik is om op hoogte te bly en te voldoen aan die vereistes van arbeids wetgewing , asook klem te lê daarop om arbeidsverhoudinge proaktief te bestuur .

Die Minister van Arbeid , Mildred Oliphant , het die algemene publiek al op 26 Maart 2018 in kennis gestel dat die Nasionale Minimum Loon Wet ( NMLW ) nie op 1 Mei 2018 in werking sal tree nie . ’ n Nuwe implementeringsdatum is nog nie aangedui nie . Werkgewers is dus steeds in die donker met betrekking tot finansiële beplanning vir loonverhogings om aan toepaslike wetgewing te voldoen .
Sedert die begin van die proses drie en ’ n half jaar gelede om ’ n NMLW te implementeer , bestaan daar nog baie onsekerheid ten opsigte van die NMLW met spesifieke verwysing na die implementeringsdatum , die minimum loonbedrag , vrystellings , ensovoorts . Verskeie veranderings is egter aan ’ n paar aspekte gebring en is die wetsontwerp nog nie gefinaliseer nie . Dit skep groot onsekerheid vir beide werkgewers en werknemers en kan ook lei tot sekere verwagtinge as gevolg van beloftes wat konflik in die werksplek kan veroorsaak .
Totdat die NMLW in werking tree , moet werkgewers in die landbousektor steeds voldoen aan alle aspekte soos bepaal deur Sektorale Vassteling 13 , wat arbeidsverhoudinge in die landbousektor reguleer . Die minimum loon vir werknemers in die landbousektor , wat vanaf 1 Maart 2018 geld , is soos volg :
• Uurtarief : R16.25
• Daaglikse tarief : R146.28 ( vir werknemers wat 9 ure per dag werk )
• Weeklikse tarief : R731.41
• Maandelikse tarief : R3 169.19
Ander bepalings in die Sektorale Vasstelling is ook steeds van toepassing , met verwysing na verlof , werksure , aftrekkings , oortyd , behuising , ens .
Wanneer die NMLW in werking tree en geïmplementeer word , sal werkgewers verplig wees om die vasgestelde bedrag te betaal . Hierdie bedrag is tans vasgestel op R20 per uur vir alle werknemers in Suid-Afrika , ongeag die bedryf waarin hul werksaam is . Die landbou / bosbou- en huiswerkersektore het reeds vrystelling ontvang om onderskeidelik 90 % en 75 % van die nasionale minimum loon te betaal . Dit beloop tot R18 per uur vir die landbou / bosbousektor en R15 per uur vir die huiswerkersektor . Werkgewers in die landbousektor moet verder kennis neem dat huiswerkers op ’ n plaas geag word as plaaswerkers en dus die korrekte loon moet ontvang .
Hierdie vrystelling is geldig vir twee jaar , waarna alle werkgewers minstens die nasionale minimum loon soos aangekondig moet betaal . Afhangend van besluite wat in die parlement geneem word , kan hierdie tydperk van twee jaar nog verander , maar die twee jaar is die jongste gepubliseerde inligting beskikbaar .
Daar kan met reg gesê word dat die hele aangeleentheid rondom die NMLW tot groot onsekerheid in die werksomgewing gelei het en sal duidelikheid verwelkom word . Om aan arbeidswetgewing te voldoen is nie onderhandelbaar nie en hou ’ n groot besigheidsrisiko in vir die werkgewer .
Teen druktyd het die inligting in die artikel verander . Lees nuutste artikel by http :// fwd2 . co / minimum _ wage
36
SENWES SCENARIO | WINTER 2018