Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 37

NUUS Senwes Spinners, twaalf jaar in aksie Die wenner van die 12de jaarlikse Senwes Spinners Plaasskool Kriekettoernooi is Dr Sello Primary Scool. Die Vrystaatste manne het die gunsteling, Phakela Combined School, met slegs 15 lopies in 'n spanningsvolle stryd op Saterdag, 12 Mei 2018 gewen. B eide spanne het besonder goed gespeel, met uitstekende spel deur Phakela se sterk kol- wer, Joseph Sebolai en Dr Sello se bouler, Katleho Maleka, wat indrukwek- kende vaardighede vertoon het tydens die wedstryd. Na hulle oorwinning het die wenspan 'n vriendelike T10 wedstryd teen die NW Kings gespeel, teen wie hulle met 6 paaltjies verloor het. Senwes bedryf die plaasskool krieket­ ontwikkelingsinisiatief, Senwes Spinners, alreeds passievol vir meer as 10 jaar. Hierdie jaar se toernooi het op 'n besie­ lende wyse afgeskop op 3 April by Senwes Park, waar Senwes Groep Hoof Uitvoerende Beampte, Francois Strydom, die jong klomp toegespreek het. Hy het hulle aangemoedig om met passie te speel en groot te droom en hulle herinner aan hul waarde. Hy het gesê dat dit 'n ondervinding soos geen ander is nie om skool te gaan by 'n plaasskool. Hy het hulle aangemoedig om die kwaliteit van onderwys wat hulle ontvang te koester en om gebruik te maak van elke geleentheid wat hul pad kruis. Die 12 jaar van sukses van die toernooi bevestig Senwes se ondersteuning en toewyding daartoe om 'n positiewe verandering te maak en nuwe grond te breek in die gemeenskappe waar hulle besigheid bedryf. Tydens 'n onderhoud het Strydom is die belangrikheid van volhoubaar- heid as een van die sleutelfaktore van Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid vir Senwes bevestig. “Toe daar begin is met die Senwes Spinners Plaasskool Krieketontwikkelingsprogram in 2006, was die volhoubaarheidspotensiaal debatteer- baar. Twaalf jaar later is nie net bewys dat die toernooi volhoubaar is nie, maar dat dit ook 'n inspirasie is en hoop gee aan die 1 400 leerders wat to dusver die program deurloop het.” Strydom sê dat, vir enige maatskappy om te oorleef, dit 'n werklike verskil in die gemeenskap moet maak en deel van die oplossing moet wees om 'n beter lewe te skep vir die mense wat deur die maatskappy gediens moet word. Die ontstaan van hierdie uitsonderlike ontwikkelingsprogram het die geleentheid aan Senwes en NW Krieket gegee om terug te gee aan die gemeenskap en 'n blywende verskil te maak in die lewens van baie jong seuns wie se sportdrome vervul is deur die ondersteuning van Senwes Spinners. Tot op hede het vyf jong seuns beurse ontvang vir hoërskool en tersiêre opleiding. Die twaalfde Senwes Spinners toernooi sal op Supersport Extra uitgesaai word in September 2018. Opwinding en feesvieringe nadat Dr Sello as die wenners van die 2018 Senwes Spinners Plaasskole kriekettoernooi aangekondig is. SENWES SCENARIO | WINTER 2018 35