Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 36

LANDBOUKUNDIG
32 | Lekaanvulling
binne lekaanvulling kyk , bloot om die veeprodusent in staat te stel om sy of haar strategiese lekaanvulling te beoordeel en indien nodig , te herbelyn .
DIE GROOT SONDEBOKKE Sekerlik een van die grootste sondebokke in strategiese lekaanvulling , is dat lekke soms as ’ n wonderkuur gesien word , ’ n towerstafie as ’ t ware wat kan pa staan vir fundamentele bestuursbeginsels wat nie in plek is nie . Nie die beste produkte en lekprogramme bekend aan ons kan opmaak vir sub-standaard kuddebestuurs praktyke , swak weidingsbestuur of swak kuddegesondheid nie . Die gemiddelde lekinname van ’ n GVE is tussen 3.5 % - 5 % van die totale jaarlikse droëmateriaalinname . Ons verloor die stryd op die oorblywende 95 % en verwag soms dat lekke alles moet reg dokter .
In die tweede plek , en iets wat ons baie sien , is die veralgemeningsreël . Dit is waar produsente glo dat as ’ n bepaalde produk ( of in baie gevalle ’ n tuisgemengde rantsoen ) by sy of haar buurman werk , dit by hom ook moet werk , en as dit nie die geval is nie , kry so ’ n produk baie gou en onnodig ’ n swak reputasie . Ons kan nie ’ n haelgeweerbenadering in lekaanvulling volg nie . Elke plaas is uniek in baie opsigte , van bestuur regdeur tot tipe weiding en tipe dier . Dit is dus krities belangrik dat jou lekprogram belyn is met jou plaas en die behoefte van jou tipe dier , en meer belangrik dat jou lekprogram elasties moet wees om van jaar tot jaar aangepas te kan word , sou dit nodig wees .
In die derde plek , en verseker een van die warmste debatte in lekaanvulling , is en sal altyd koste bly . Ek is ook ’ n groot voorstaander van aanvulling wat ekonomies geregverdig kan word en wil te alle koste verhoed dat produksie gekoop word , maar hier is ’ n baie fyn balans wat gehandhaaf moet word . Daar is in diepte al geskryf oor die ekonomiese voordele van ’ n korrekte strategiese lekaanvulling en baie navorsing is op die gebied gedoen wat die bewese voordele uitgewys het op kritiese ekonomiese parameters , soos konsepsiesyfers , kalf- / lampersentasies , speengewigte en herkonsepsiepersentasie . Die doel van die artikel is nie om die finansiële voordele van lekaanvulling te beklemtoon nie , eerder om die volgende gedagtes te , los naamlik : Is lekke regtig duur , of moet ons eerder vra : “ hoe duur is dit om nie lekke te gee nie ?” Ons weet almal wat die korrelasie is tussen liggaamskondisietelling en konsepsiepersentasies . Die tweede gedagte rakende die ekonomie van lekaanvulling is die rand per sak debat . Ons moet waak dat die goedkoop lek in terme van rand per sak nie op die ou einde dalk ’ n baie duur opsie is nie - weet waarvoor jy betaal . Ons maak onsself soms skuldig om lekke te verwater , om koste te spaar . Lekke is ’ n alles of niks benadering , kort paaie mag dalk na ’ n korttermynoplossing lyk , maar op die lang duur is daar ‘ n hoë prys om te betaal .
SLOTOPMERKINGS Geen lekprogram sal suksesvol wees in - dien ons nie in die basiese behoeftes van die dier voorsien nie . Die enkele grootste rede hoekom lekke faal in hulle doel , is eenvouding omdat daar nie genoeg natuur like weiding beskikbaar is nie . Dit is ook gewoonlik waar ons die opmerking hoor : “ Die beeste vreet my nou bankrot aan lek ”, en waar goed geformu leerde produkte “ aangepas ” word om koste te bespaar . Maak dus seker dat jou lekprogram aangepas is vir jou tipe dier , tipe produksie stelsel en baie belangrik , ook in lyn is met jou kwaliteit en kwantiteit natuurlike hulpbronaanbod . Dit is dus baie normaal dat twee buurmanne op dieselfde tydstip twee totaal verskillende lekstrategieë kan volg , as gevolg van faktore soos kondisie van die diere , produksiestatus van die diere of kwaliteit van weiding . So waak dus teen veralgemening . Doen die korrekte ekonomiese berekeninge vir jou plaas , met jou omstandighede , eerder as om bloot ’ n aankoop te baseer op die goedkoopste produk . Werk die verskillende innamepeilings uit vir jou diere in verhouding tot die leksamestelling en berus jou berekening eerder op lekkoste per dier per dag . Die goedkoopste lek per sak is nie altyd die goedkoopste nie . Ten slotte moet ons lekaanvulling holisties benader en nie in ’ n boksie plaas nie . Lekke is net nog ’ n gereedskapstuk in die kas wat ons kan gebruik om maksimale wins te realiseer , mits die ander gereedskapstukke wel in die kas teenwoordig is .
34
SENWES SCENARIO | WINTER 2018